TV Plus (Afrikaans)

Ridder in die storms

Ivanka soek morele en emosionele ondersteun­ing.

- Binnelande­rs

Weekdae kykNET (*144) 19:30

Sedert Ivanka (Leandie du Randt Bosch) terug is in Pretoria kyk Conrad (Hykie Berg) met blink oë na sy pa, dr.

(Hans Strydom), se eksmeisie – al skitter daar ’n verloofrin­g aan haar vinger. Met haar susterskin­d (Cayleb du Randt) wat ernstig siek is, dink Ivanka nou aan niemand anders as DJ nie. Maar wanneer Driesie ál sieker word, begin sy meer twyfel aan haar verhouding met haar omstrede verloofde, (Neil McCarthy), en beskou sy Conrad ál meer as haar steunpilaa­r. En intussen word Conrad se meisie

(Cindy Swanepoel) groener van jaloesie . . .

At Koster Annelize DJ Graham Jenkins VERDOEMEND­E NUUS

Op Vrydag 8 Desember vererger Driesie se toestand, hy word in ongevalle opgeneem en daar is slegte nuus: DJ se lewer is so erg deur die antibiotik­a be- skadig, hy sal ’n leweroorpl­anting moet kry. Conrad bespreek op Maandag 11 Desember die pad vorentoe met Ivanka en (Francois Joubert), Driesie se pa. “Nou soek Ivanka nog meer ondersteun­ing, maar sy vind dit moeilik om Graham se hulp te aanvaar,” sê Leandie. At hoor dieselfde dag van Driesie se siekte en soos At maar is, sukkel hy om sy afstand te hou.

Dries sr. TERUGSLAG EN NUWE BESLUITE

Driesie kry op Dinsdag 12 Desember nog ’n terugslag en sy toestand raak kritiek. Conrad het nog slegter nuus: Driesie kan nie meer ’n oorplantin­g kry nie. Nogtans word die seuntjie die volgende dag teater toe geneem en almal wag in spanning om te hoor of Ivanka se finale besluit die regte een was en of DJ dit gaan maak.

En wie aan haar sy gaan wees wanneer Driesie uit die teater kom.

Op Dinsdag 19 Desember word die wind uit Ivanka se seile geneem wanneer een van die mans wat by haar aanlê ’n bekentenis aan haar maak. En dit kan haar toekoms verander.

 ??  ?? Conrad word Ivanka se steunpilaa­r.
Conrad word Ivanka se steunpilaa­r.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa