TV Plus (Afrikaans)

VYF ONTHOU-OOMBLIKKE

- VERKRAG- EN TWEELINGSK­OK SANTO EN COLLEEN DUBBELE MOEILIKHEI­D STOMENDE STORT

Terwyl EJ in 2006 uit Salem gevlug het ná hy John (Drake Hogestyn) geskiet het, het hy seks met Sami gehad in ruil daarvoor om haar kêrel Lucas (Bryan Dattilo), wat in 'n hut vasgekeer was, te red. Sami het misbruik gevoel, en toe swanger geword met die tweeling by EJ sowel as Lucas: Johnny en Allie (Ethan en Morgan Darling).

In 2007 het Sami en EJ uitgevind hulle lyk presies soos Stefano se pa, Santo (James Scott), en sy verbode liefde, die Ierse non Colleen Brady (Alison Sweeney). Hul gedoemde romanse was die oorsaak van die DiMera-Brady-vete. Sami en EJ se bisarre liefdesver­haal het ontwikkel terwyl hulle hul voorsate se tragiese geskiedeni­s deur Santo en Colleen se liefdesbri­ewe leer ken het.

HOEKOM JAMES MOES GAAN

Vroeg in 2011 was EJ jaloers op sy seun Johnny se groeiende band met Sami se man Rafe (Galen Gering). Met Stefano se hulp het hy Rafe vervang met 'n grillerige kinderhate­r-bedrieër.

Vanjaar het EJ stortseks met sy kinders se oppasser Abby (Kate Mansi) gehad toe hy en Sami vasgesit het. Sami het EJ terugbetaa­l deur hom by hul troue vir bedrog te laat arresteer. Die akteur het in 2013 verkies om nie sy kontrak te hernu nie (ná 'n besielende reis na Peru), wat Days 'n jaar gegee het om EJ se storielyn te laat eindig. “Ek het 'n breek nodig gehad. My passie het begin ontbreek,” erken James. “Om dieselfde karakter dag in en dag uit te speel het moeilik geword. En die storielyne het dikwels in sirkels beweeg.” Maar James en Days is op goeie voet uiteen, en hy voeg by: “Al het ek oor die werklas gekla, het ek steeds 'n wonderlike tyd beleef!” Sedert hy weg is het James in 2015 met die terapeut Kaitlin Robinson afgehaak en Liam in die donker komedie Wrecked (2016-nou) gespeel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa