TV Plus (Afrikaans)

Salonspann­ing

Sechaba voel verraai wanneer Lerato sy sakemening ignoreer.

- Isidingo

Weekdae SABC3 (*193) 19:00

“’n Besigheid is dieselfde as ’n huwelik – jy werk in ’n span saam,” sê Motlatsi Mafatshe, wat die slim sakekop Sechaba Moloi speel. “Sechaba se vrou, Lerato (Tema Sebopedi), het nog altyd groot drome gehad, maar sy kommunikee­r swak, veral met haar man.” Die salonbaas Lerato het Sechaba op Vrydag 1 Desember van die huurruimte by die ONtv-gebou vertel, “maar Sechaba het meer gesonde verstand en waarsku haar hulle kan dit nie eintlik bekostig nie”, sê Motlatsi. Dit keer nie Lerato en haar planne nie, en vanaf Woensdag 6 Desember is dit nie net haar salondrome wat in vlamme opgaan nie, maar ook haar huwelik.

GEHEIME PLANNE

“Lerato wat agter haar man se rug te werk gaan laat baie vrae oor hul huwelik ontstaan,” sê Motlatsi. “Lerato wil graag ’n sakevrou wees en sy stoomrolle­r bloot voort.” Sechaba kom op Vrydag 8 Desember op Lerato se idees vir ’n nuwe salon af, en “hy’s nie gelukkig nie!” vertel Motlatsi. Lerato het kontrakteu­rs en ontwerpers ontmoet sonder om haar man daarvan te sê. Motlatsi verduideli­k “dit kan ’n bietjie moedswilli­gheid wees. Lerato het gehoor wat Secahba gesê het, maar wou nie sy mening en kennis vertrou nie.”

GEEN ONDERSTEUN­ING

Sechaba se woede word verder aangevuur op Dinsdag 12 Desember wanneer hy uitvind hoe ver Lerato gegaan het. “Dit is net te veel. Hy het nie woorde nie. Miskien is die salon ’n metafoor vir iets groters, soos kwessies wat kykers ook in hul eie huis ondervind,” verklap Motlatsi. “Sechaba trek hom terug en ondersteun haar nie en dit maak Lerato seer.” Dis ’n goeie ding Sechaba het nie die aangepaste begroting later dieselfde dag gesien nie – hy sou waarskynli­k ’n egskeiding wou hê, want Lerato het geen idee hoe sy die somme kan laat klop nie.

GEVAARLIGT­E

Dit is Lerato se volgende probleem: om ’n salonfinan­sierder te vind wat sy kan vertrou. “Daar is geen tekort aan beleggers nie,” lag Motlatsi. “’n Sibeko, ’n Haines . . . enigiemand met geld.” Soos (Katlego Danke), wat Lerato nuwe hoop gee op Vrydag 15 Desember wanneer sy Lerato vra om haar sakeplan voor te lê. Maar Motlatsi het ’n waarskuwin­g: “Eerder die bekende gevaar as die onbekende . . .”

Kgothalo

 ??  ?? Werk kom tussen Lerato (inlas) en haar man, Sechaba.
Werk kom tussen Lerato (inlas) en haar man, Sechaba.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa