TV Plus (Afrikaans)

WIE IS EK?

-

Elke Desember wy Ingrid (Stephanie Sandows) en haar pa, (Zane Meas), ’n spesiale tydjie daaraan om terug te dink aan haar ontslape ma, Marina, wat oorlede is toe Ingrid 13 was. En Ingrid dink baie aan n ma’s deesdae vanweë haar pa se vriendskap met (Natasha Sutherland). “Ingrid soek beslis ’n mafiguur in haar lewe,” vertel Stephanie. “Aanvanklik was sy nie opgewonde daaroor dat dit Layla kan wees nie, maar sy het aan die idee gewoond begin raak. Tog is Ingrid tans nie op goeie voet met Layla nie weens die situasie met Layla se eks ( Tom Fairfoot),” voeg Stephanie by. Daarom val dit Ingrid op wanneer haar pa op Dinsdag 12 Desember ’n doodonskul­dige vraag oor haar ma ontwyk. Sy ongemak word nog meer betekenisv­ol wanneer Ingrid op Woensdag 13 Desember op iets onverwags rakende haar babajare afkom. Dit kan bloot ’n klerikale fout wees, maar selfs hierdie saadjie van twyfel bevestig die gevoel wat Ingrid al haar hele lewe het.

Wesley Layla Tony

“Ingrid se aanvanklik­e reaksie is verwarring. Maar sy besef ook sy het vandat sy baie jonk was, die gevoel gekry ’n ge geheim word van haar weggeho hou,” verduideli­k Stephanie. ““Is dit die ding wat haar nog haar hele lewe pla?” Wesley se reaksie bevestig haar verm moedens. Maar kon haar ouer ers so lank vir haar gejok het? En indien wel, hoekom? Ingrid het soveel vrae. Wanneer sy op Donderdag 14 Desember antwoorde by Wesley gaan soek, laat sy duidelike ongemak haar eers terugdeins. Maar die raaisel is te groot om dit onopgelos te laat.

WAARHEID MOET UIT

Vir Stephanie is Ingrid se soeke na die waarheid die begin van ’n vreemde reis. “Dit is heeltemal anders as my eie ondervindi­ng. Ek het met albei my ouers grootgewor­d en hulle is steeds deel van my lewe,” vertel sy. Maar agtergrond­navorsing is dikwels nader as wat ’n mens dink. Scandal! se beeldmenge­r, Laine Coetzee, wie se familie-agtergrond baie met Ingrid s’n ooreenstem, kon Stephanie insig gee. En dit lyk of die klein “foutjie” waarop Ingrid afgekom het, net die punt van ’n skandalige ysberg is en dis op soek na ’n skip wat daarteen kan bots . . .

 ??  ?? Wesley steek iets weg.
Wesley steek iets weg.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa