TV Plus (Afrikaans)

Babatreetj­ies

Mazwi baklei teen Sphe en wil die baba én ’n minnares hê.

- Generation­s – The Legacy

Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Mazwi (Musa Ngema) neem ’n besluit op Woensdag 6 Desember: Sy gereëlde huwelik werk nie, dus gaan hy sy vrou, (Pearl Monama), “inruil” vir ’n nuwe model om klein (Lethokuhle Jiyane) te versorg. Dinge het op ’n slegte noot begin toe hul families Mazwi en Sphe in April 2016 verenig het, en dit het nooit beter geword nie. Die krake in die huwelik het middel September vererger toe Sphe op ’n egskeiding aangedring en met die gangster (Vuyo Dabula) uitgehang het. “Nou is dit Mazwi se beurt om met iemand anders aan sy sy te pronk,” lag Musa.

Rorisang BABA DIE PION Sphe Gadaffi

Hoewel ’n egskeiding nog in die toekoms lê, baklei Mazwi en Sphe soos kat en hond oor Rori op Donderdag 7 Desember. Musa voeg by die toesigstry­d “verloop nie naastenby so goed as wat Sphe gehoop het nie”. Mazwi is sy gewone egoïstiese self en dreig “om Rori vir altyd uit Sphe se lewe weg te neem” as sy Gadaffi nie los nie. “Mazwi skree op haar sy is nie geskik om na Rori te kyk nie omdat Sphe ná die geboorte [in Julie 2017] aan nageboorte­like depressie gely het,” vertel Musa. En Mazwi is nie klaar nie – hy sê vir Sphe haar bipolêre ma, (Brenda Mhlongo), is ook ’n gevaar vir Rori. “Sphe hou nie van daardie opmerking nie. Sy skree terug op Mazwi en probeer hom op sy plek sit. Rorisang beteken alles vir Sphe – deur haar kind as pion te gebruik, het Mazwi oorlog verklaar,” verduideli­k die akteur.

SPEEL VUIL Nandi

Sphe besef sy sal in Mazwi-styl moet baklei, al beteken dit sy moet vuil speel op Maandag 11 Desember om haar dogter te behou. “Sy begin vae dreigement­e maak,” onthul Musa. “Die bal is in Sphe se hande. Sy weet genoeg van die Morokas se duistere sake om moeilikhei­d te veroorsaak, maar sy gaan nie haar troefkaart speel nie . . . nog nie.” Kykers onthou mos hoe Mazwi weet hy’s nie Rori se pa nie omdat hy onvrugbaar is? Wat hy nie weet nie, is dat sy broer (Moopi Mothibeli) die pa van die baba is. “Maar om dit te onthul is nie nou ’n opsie vir Sphe nie. Sy moet haar familie en Rori beskerm,” sê Musa. Maar Sphe kan dalk ander familiegeh­eime teen Mazwi gebruik . . .

Smanga

 ??  ?? Mazwi (links) en sy prokureur probeer Sphe boelie om aan hul egskeiding-eise toe te gee.
Mazwi (links) en sy prokureur probeer Sphe boelie om aan hul egskeiding-eise toe te gee.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa