TV Plus (Afrikaans)

Bababloute­s

Die nuwe ma Katlego kry swaar wanneer nageboorte­like depresssie by haar gediagnose­er word.

- Muvhango

Weekdae SABC2 (*192) 21:00

’n Ma het ’n band met haar baba van geboorte af, maar dit beteken nie dis altyd positief nie. Dit is die geval met Katlego (Anne Modula) en haar dogtertjie, Lufuno (die sepie het nog nie ’n baba vir die rol gekies nie). “Kat voel nie iets spesiaals vir haar kind nie en sy gee nie eintlik vir Lufuno om nie,” vertel Anne. “Kat is nog ’n jong meisie wat dinge wil beleef en doen, maar haar onbeplande baba by (Raphael Griffiths) het haar lewe tot stilstand geruk.” Die druk eis sy tol op Woensdag 6 Desember wanneer die krake begin verskyn en Kat ineenstort. Anne, wat nog nie self ’n ma is nie, voeg by “die situasie is so erg dat Kat haar baba alleen by die huis gelos en die aand uitgegaan het”. ’n Bekommerde Vusi soek antwoorde en later die dag word nageboorte­like depressie by Kat gediagnose­er.

Vusi DIAGNOSE EN BEHANDELIN­G

“Kat het nooit gedink sy’t dalk bababloute­s nie,” vertel Anne. “Vir haar is dit ’n geval van ‘ek is oukei en almal om my is my vyand’. Dis ’n vreemde kon- sep.” Vusi wil op Donderdag 7 Desember hê Kat moet behandelin­g kry, maar sy skop teë. “Kat glo nie die diagnose nie. Sy dink sy kan dinge op haar eie hanteer,” voeg Anne by.

DONKER GEDAGTES

Maar dis nie so maklik nie. Kat bereik ’n nuwe laagtepunt op Vrydag 8 Desember en kry selfdoodge­dagtes. “Sy het die punt bereik waar alles te veel vir haar geword het,” verduideli­k Anne. “Haar verhouding met Vusi wankel en die eise van moederskap het die mat onder haar voete uitgeruk.” Voor sy iets drasties kan doen, word Kat hospitaal toe geneem vir behandelin­g, met Vusi wat nou alleen na Lufuno moet omsien. Dis nie wat Vusi wou hê nie, voeg Anne by, maar as hy Lufuno alleen moet grootmaak, moet dit maar so wees. “Vusi se gedugte ma,

(Sindi Dlathu), hou egter nie van die idee nie, en ook nie Kat se ouers nie,” vertel Raphael. Maar Vusi gaan nie lank alleen wees nie – Kat vlug uit die hospitaal op Maandag 18 Desember en wanneer sy op Dinsdag 19 Desember by Vusi se plek opdaag, beweer sy sy’s “genees”. “Dit maak Vusi gek,” sê Raphael. “Hy’s reg om hul dogtertjie te vat en sonder Kat oor te begin!”

Thandaza

 ??  ?? Katlego se deurmekaar gedagtes fokus nie op haar pasgebore dogtertjie nie.
Katlego se deurmekaar gedagtes fokus nie op haar pasgebore dogtertjie nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa