TV Plus (Afrikaans)

Bruid van die dood

Andiswa begin twyfel aan die moord op haar verloofde.

- Rhythm City

Weekdae e.tv (*194) 19:00

Andiswa (Tina Jaxa) het meer as die helfte van haar volwasse lewe in en uit die tronk deurgebrin­g en sy is moeg. Dis hoekom sy in styl uit haar misdaadlew­e gaan aftree: deur haar gangsterve­rloofde David (Jamie Bartlett) se sakeryk onder sy neus uit te steel. David is besig met troureëlin­gs op Woensdag 6 Desember terwyl sy voornemend­e bruid ’n huurmoorde­naar van die 66er-bende aanstel om David ’n kopskoot te gee. Die 66ers het nog ’n rede om David uit die pad te hê, verduideli­k Tina. “Hulle het ’n geskiedeni­s met David [Gail het met Big Man uitgegaan, maar ook ’n kind by David gehad] en hulle wil hul geld hê.” Dis ’n twee-vir-een-ooreenkoms, want Andiswa wil (Pam Andrews) ook uit die pad hê. Maar op Donderdag 7 Desember kry Andiswa ’n opwelling van emosie terwyl sy aan David dink – dis dalk liefde, sê Tina.

NIE SO VINNIG NIE

Andiswa werk saam met die 66ers, want “David is gevaarlik”, sê Tina. “Deur (Roderick Mer vin Jafta) en sy bende te kry om David te vermoor, sal niemand dink sy is die skuldige nie, dit sal net na nog ’n bendemoord

Storm Gail

lyk.” Sy voeg by daar is geen omdraai op Vrydag 8 Desember nie, want as jy een keer ’n ooreenkoms met die bende aangegaan het, kan jy nie kop uittrek nie. Hulle sal nie ophou voordat hulle betaal is nie. Wanneer David weg is, sal Andiswa alles in sy testament kry en ryk wees. Sy moet enige gevoelens vir hom ignoreer,” sê Tina.

BENDE VAN SKULD

“Andiswa is senuagtig en begin twyfel aan die moord op David [op Woensdag 13 Desember],” verklap Tina. “Sy’s nie ’n moordenaar nie. Sy’s ’n misdadiger, maar nie ’n moordenaar nie.” Andiswa probeer dinge vertraag op Vrydag 15 Desember, want om te trou sal die moord op David laat begin. Maar die huurmoorde­naar is by die troue wanneer dit op Maandag 18 Desember voortgaan. “Die gewapende skiet die verkeerde man wanneer Gail se 66erekskêr­el (Quincy Fynn) inmeng en alles verkeerd loop,” sê Tina. “Andiswa vrees vir haar lewe, want David leef en weet iemand wil hom dood hê . . .”

Big Man

Moenie dink Andiswa kan haar nie uit die gemors wikkel nie. Sy gebruik Gail se kontakte na Big Man om Gail laat in Desember skuldig te laat lyk.

 ??  ?? David het geen benul van die drama wat gaan volg nie.
David het geen benul van die drama wat gaan volg nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa