TV Plus (Afrikaans)

Betowerend­e rol

Senzo Vilakazi moes diep delf om die sangoma Mehl’emamba te kan speel, maar hy is gaande oor sy karakter.

- Isibaya

Weekdae Mzansi Magic (*161) 20:30

“Die sangoma Mehl’emamba word gesien en nie gehoor nie. Hy het grootgewor­d as ’n leerling en is aangesê om stil te wees wanneer die belangrike mense hul werk doen,” vertel Senzo Vilakazi, wat die rol vertolk. “Dis ook hoe die sangoma teenoor die mense in Bhubesini optree; jy sien hom wanneer jy hom nodig het en hy is altyd bereid om te help, maar hy hou nie van aandag nie.” Aandag is wel wat Mehl’emamba kry op Dinsdag 12 Desember en Vrydag 15 Desember wanneer hy (Nomzamo Mbatha) besoek en ’n ontstellen­de visioen kry wat mense sal laat praat. Maar kontak met die bonatuurli­ke wêreld is iets vreemds vir Senzo . . .

Thandeka Hoe deeglik was jou navorsing vir jou sangoma-rol?

Dit het baie werk gekos, dit was soos om weer te studeer!

Ja, ek het my graad in 2008 aan die Universite­it van Johannesbu­rg behaal. Met Isibaya het ons wonderlike kontakte gehad toe ons begin het [in 2013] en hulle het my al die inligting en hulp gegee wat ek

Jy het ’n graad in joernalist­iek?

nodig gehad het. Ek is ’n Christen, dus is dit ’n anderste en interessan­te wêreld om te verstaan en deel van te wees.

Is daar raakpunte tussen jou en Mehl’emamba?

[Lag.] Glad nie. Ons is albei mans en dis omtrent die enigste ooreenkoms.

Jy is goed versorg en trek netjies aan – maar jou karakter loop rond in ’n vuil, stowwerige gewaad . . .

Ek weet! Ek het nie ’n groot sê gehad in sy voorkoms in die eerste seisoen nie, want die program was nuut en ons moes hom vestig. Maar ek het nie daardie voorkoms geniet nie! Hy was ongeskeer en slordig. Dit het hom meer geloofwaar­dig gemaak as iemand wat “bonatuurli­ke” kragte het, maar ’n paar ander klereopsie­s sou gaaf gewees het. [Lag.]

Het jy meer insig in jou karakter as die skrywers en regisseurs?

Ja en nee. Hulle het ’n spesifieke idee want hulle het hom geskep, maar ek het hom help ontwikkel. Dis iets wat ek geleer het by Bheki Mkhwane ( Hy is my toneelspee­l-“held” – alles wat hy doen is op ’n ander vlak.

Samson). Wat sou jy aan jou karakter wou verander?

Sy klere! [Lag.] Ek sou graag wou hê hy moet ’n bietjie flinker wees. Hy is stadig om sekere dinge te verwerk, maar dis hoe hy grootgemaa­k is. Hy is wie hy is om ’n rede.

 ??  ?? Senzo Vilakazi is die man agter die sangoma Mehl’emamba se toorkuns.
Senzo Vilakazi is die man agter die sangoma Mehl’emamba se toorkuns.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa