TV Plus (Afrikaans)

Die sexy voorsanger

-

Die Britse popster Rita Ora help ’n boy band vorm as aanbieder van die realiteits­reeks Boy Band (2017-nou). Dertig aspirantsa­ngers sal afgerig word deur die “argitek”-beoordelaa­rs Emma Bunton van Spice Girls-faam, die Backstreet Boy Nick Carter en die superster-vervaardig­er Timbaland, tot net vyf oorbly vir die nuwe boy band. Gelukkig vir die sangers ken hul argitekte die formule vir boy band- glorie . . .

is die ou met die wildste hardedos. Hy moet sorg dat hy voor in die middel ruk en rol en sy hemp uitpluk, en die fans sal gil en swymel. Selfversek­erde meisies sal alles uithaal om sy oog te vang.

Dink jy jy’s superkoel? Maak dan seker jy’t daai smeulende kyk, stywe broek en tatoes wat enige ma rooi sal laat sien. Goeie meisies wil hom heimlik tem en die stoutes wil hom om die hoek vasdruk.

Hy’s soos ’n klein otter wat eintlik smeek jy moet hom in jou handsak druk en saamvat huis toe. Meisies op soek na ’n bietjie onbedreigd­e, nieseksuel­e romanse bewonder hom vir sy skamerige geaardheid.

Haal hierdie ou uit die band en hy verloor al sy aantreklik­heid, maar hy’s ook die een wat sorg dat die ander hulself nie te ernstig opneem nie. Slinkse meisies (en party met ’n lae selfbeeld) hoop hulle kan by die sexy ou uitkom as hulle vriendelik raak met die swaap in die band.

Hy’s die stil een maar nie onverskill­ig nie. Dit lyk of hy boeke lees en daaroor nadink. As jy nie te mal oor hul musiek is nie maar steeds van die ouens hou, sal hy dit verstaan en respekteer. Hy is die gunsteling van nie-te-histeriese fans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa