TV Plus (Afrikaans)

Showmax

Victoria stel ’n hoë standaard vir periodedra­mas, en dis nie net omdat dit oor ’n beroemde monarg gaan nie.

-

Die wel en wee van die Britse koningin Victoria (Jenna Coleman) boei kykers in Victoria (2016-nou), wat begin wanneer die 18-jarige die troon bestyg ná haar oom, koning William IV, van skerm af sterf. Die program neem die voortou onder periodedra­mareekse met sy twee seisoene vol prag en praal wat net vir koninklike­s bestem is. Seisoen 1, wat tans op die aanlyn stroomdien­s Showmax beskikbaar is, handel oor Victoria se opgang as monarg, kompleet met haar glansryke kroningser­emonie, haar verlowing en troue met haar neef

prins Albert (Tom Hughes) en haar ongemaklik noue band met die eerste minister lord Melbourne (Rufus Sewell).

Gegrond op meer as 600 bewaarde geskiedkun­dige manuskript­e word nuwe lewe geblaas in Victoria se heerskappy met romanse, konflik, drama, nog ’n bietjie konflik . . . Maar dis nie ’n tipiese dramatiese storie nie. Die program is gegrond op historiese feite en die produksies­pan het maande daaraan gewy om elke klein detail reg te kry, veral wat die kostuums betref. Die spelers moes die regte maniere aanleer terwyl hulle soos ware lords en ladies aan die koninklike hof lyk en optree.

KOSTUUMS VANG DIE OOG

Dis geen geheim koningin Victoria was lief vir mooi klere nie, maar die hoofkostuu­montwerper, Rosalind Ebbutt, het beperkte toegang gekry tot “’n handvol” artikels uit die koningin se klerekas en is gesê om daarmee “te toor”. Buiten Victoria se alledaagse drag met die nuttige kantsjaal en hoede, kry kykers ’n loertjie na die koninklike trourok. “Dit was ’n nagmerrie om te ontwerp en te maak,” sê Rosalind. “Ons het net basiese inligting gehad en nie ’n duidelike beskrywing van hoe die rok gelyk het nie.” Maar alles draai nie net om die koningin nie – haar hofdames is ook uitgevat in pragtige tabberds en die lords lyk eksieperfe­ksie in hul deftige uniforms.

HISTORIESE PLEKKE

Seisoen 1 is hoofsaakli­k in Yorkshire verfilm, met die statige privaat eiendom Castle Howard se interieur wat as Kensington-paleis diens doen. Die span het op historiese plekke verfilm, want “kykers kan sien of dit werklik of lui rekenaarge­skepte beelde is”, sê ’n spanlid. Vir tonele wat in Buckingham-paleis afspeel, is op tien ander plekke verfilm. “Spesiale toestemmin­g was nodig en alles het onder toesig geskied. As ons iets sou gebreek het, sou die begroting waarskynli­k nie die boete gedek het nie!” lag een van die stelontwer­pers.

UITGEKNIP VIR DIE ROL

Die vervaardig­ers het lank gesoek na “die perfekte dame” vir die rol. Volgens gerugte is Lily James (lady Rose in die periodedra­ma Downton Abbey, 20122015; al ses seisoene is op Showmax) en Emilia Clarke (Daenerys Targaryen in die fantasiere­eks Game Of Thrones, 2011-nou; seisoene 1-7 is op Showmax) oorweeg. Uiteindeli­k is op Jenna besluit, al was sy reeds 30 – met ’n paar truuks hier en daar het hulle haar soos ’n 18-jarige Victoria laat lyk. Haar oë is eintlik bruin, maar sy dra blou kontaklens­e vir die rol. Jenna moes ook leer wals en dwarssaal ry, maar soos lord Melbourne met ’n grinnik vir Victoria sê: “Uitgeknip ’n koningin.”

MAGIESE MUSIEK

Victoria is nie net ’n visuele fees nie: Dit is vanjaar by die Primetime Emmys bekroon as beste oorspronkl­ike klankbaan (deur die komponis Martin Phipps), sowel as beste oorspronkl­ike temamusiek, ook deur Martin. En as jy gewonder het wie die temamusiek (en ’n paar ander liedjies in die reeks) uitvoer, dis die ensemblegr­oep Mediaeval Baebes.

WAT IS SHOWMAX?

Showmax is Afrika se grootste internet-TV- diens, met duisende reekse, flieks en dokkies wat beskikbaar is vir binge-kyk teen net R99 per maand. Jy kan soveel Showmax-reekse kyk as wat jy wil, sonder beperkings. Jy kan een maand betaal en die volgende jou intekening kanselleer, en dan weer inteken wanneer jy gereed is. Dit hang van jou af. Gaan na www. showmax.com om in te teken vir ’n gratis proeftyd van twee weke!

 ??  ??
 ??  ?? Die ontwerpspa­n het geen moeite ontsien met die glansryke en histories getroue kostuums wat in die reeks gesien word nie.
Die ontwerpspa­n het geen moeite ontsien met die glansryke en histories getroue kostuums wat in die reeks gesien word nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa