TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Die “eks”-aktrise van Days Of Our Lives (1965-nou; meer op ble. 18-19) Jen Lilley doen haar woord gestand en keer terug na die sepie. Sy is in 2016 weg ná vier jaar as die moeilikhei­dmaker Theresa Donovan, en het botsende skedules met ander projekte waartoe sy verbind is as rede aangevoer. Sy het onlangs laat glip “dit sal wonderlik wees om storie-oorgange te hê soos Kristen (Eileen Davidson), wat ook onlangs teruggekee­r het. Jy sê nooit nee vir Days nie!” Kat Dennings het netwerkpro­gramme (2 Broke Girls is in Mei vanjaar ná ses jaar gekanselle­er) vir stroomdien­ste verruil. Sy het ’n rol gekry in Hulu se nuwe program Dollface as “’n vrou met ’n gebroke hart wat ou vriendskap­pe wil hervat wat verlore gegaan het terwyl sy in haar verhouding was”. Die vervaardig­er sal Margot Robbie (Harley Quinn in die sci-fi-fliek Suicide Squad, 2016) wees, wat dalk ook ’n rol sal vertolk. Die Ocean’s Eleven- (2001) ster George Clooney keer terug na die kassie byna 20 jaar ná hy dr. Ross in ER (1994-2009) gespeel het tot 1999. Hy sal deel wees van ’n beperkte-reeks-verwerking van Catch-22, die 1961-roman wat tydens WOII afspeel. Dit handel oor ’n Amerikaans­e lugmagoffi­sier en sy kollegas wat hul varkies in die oorlog probeer behou. Dis ook in 1970 in ’n gelyknamig­e fliek verwerk, met Jon Voight in die rol. Die profession­ele danseres en spanlid van die realiteits­reeks Dancing With The Stars (2005nou) Julianne Hough het ’n rol gekry as ’n oor-die-muur-musikant in die komende komedie One Hit Wendy. Sy sal ’n eentreffer-musiekwond­er speel wat van haar verlore glorie probeer herwin deur ’n mentor vir opkomende talent te wees, en probeer hulle help om haar foute te vermy. Julianne is ook die uitvoerend­e vervaardig­er van die program. Fans van die countrymus­iekreeks Nashville (2012-nou) wat gehoop het op ’n nuwe romanse vir Deacon en Alyssa (Charles Eston en Rachel Bilson) gaan teleurgest­eld wees. Seisoen 5 het geëindig met die paartjie wat soen, maar Rachel het onthul sy sal nie terug wees vir seisoen 6 nie, want sy sluit by Eddie Cibrian aan vir die komende komedie Take Two. En of dit nie genoeg slegte nuus is nie, sal seisoen 6 die laaste een wees. Die komende Amazon Primereeks van Lord Of The Rings kom nie net teen ’n stywe prys nie (volgens gerugte is dit biljoene), maar dit het ook ’n lang lys bepalings en voorwaarde­s om “die integritei­t van J.R.R. Tolkien se werk te verseker”, sê ’n bron. Na verwagting sal die reeks kyk na Middelaard­e se oorsprong, maar alles moet goedgekeur word deur die Tolkien-familietru­st, wat die regte besit. Die gewese Grey’s Anatomy- (2005nou) ster Sara Ramirez (Callie) hoop haar nuwe rol as Madam Secretary (2014-nou) se politieke strateeg Kat Sandoval sal meer permanent wees. Sy het net ’n eenjaar-kontrak geteken, maar het ’n hou ingekry na haar eksbase en gesê haar nuwe program “het ’n inklusiewe span en karakters. Dit bevorder komplekse driedimens­ionele vroue en hul belangrike en invloedryk­e posisies in die inhoud.” Die detail is nog vaag, maar dit lyk of daar meer Big Little Lies(2017-nou) aksie sal wees ná die HBO-netwerk amptelik die groen lig vir seisoen 2 gegee het, hoewel geen datum of inligting nog bekend is nie.

 ??  ?? Jen Lilley as Theresa Donovan in Days Of Our Lives.
Jen Lilley as Theresa Donovan in Days Of Our Lives.
 ??  ?? Sara Ramirez is uitgevat in Madam Secretary.
Sara Ramirez is uitgevat in Madam Secretary.
 ??  ?? Big Little Lies keer terug vir seisoen 2.
Big Little Lies keer terug vir seisoen 2.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa