TV Plus (Afrikaans)

In die nuus: Johan Stemmet, Riaan Cruywagen

Johan Stemmet en Riaan Cruywagen kraai saam koning.

-

Noot Vir Noot Seisoen 43 SABC2 (*192) 19:00 (begin Donderdag 21 Desember) kykNET Verslag

Seisoen 3 kykNET (*144) Ma.-Do. 21:30 (gaan uitspan vanaf 11 Desember)

Die een is ons bekendste plaaslike musiekspel­etjiesprog­ram-aanbieder, die ander een ons nommereen-nuusleser. Johan Stemmet van Noot Vir Noot-faam (SABC2, 1991-nou), vier vanjaar 37 jaar as ononderbro­ke aanbieder by die SABC – dieselfde mylpaal wat Riaan Cruywagen vyf jaar gelede behaal het toe hy as nuusleser by die SABC bedank het. Riaan het tans wel vyf jaar ekstra op sy kerfstok omdat hy die afgelope vyf jaar sy aanbieding voortsit, eers by kykNET se eertydse ontbytprog­ram Dagbreek en daarna by die aktualitei­tsprogram kykNET Verslag. Met Johan wat nou Riaan se mylpaal op gratis TV geëwenaar het, kyk die twee TV-indoenas terug op hul merkwaardi­ge loopbane.

Kan jy jou eerste aanbieding voor die TV-kameras onthou? Johan:

Dit was in 1980. Ek het ’n musiekprog­ram van die Duitse pianis Horst Jankowski aangekondi­g. Ek het daardie aankondigi­ng tot vervelens toe voor die spieël geoefen. Ek was vreeslik senuagtig en bang ek gaan vashaak wanneer ek moet praat. Toe die groot oomblik aanbreek het ek my sê gesê, en toe dit verby was kon ek niks daarvan onthou nie. En wat was die sinnetjie? “Dames en here, u is ingeskakel op TV1 en Afrikaanse Verskeiden­heid heet u welkom in die geselskap van Horst Jankowski”!

Riaan: Dit was op 26 November 1975 tydens die TV-toetsuitse­ndings. Toe die geskedulee­rde nuusleser nie opdaag nie, is ek ter elfder ure gevra om die nuus aan te bied omdat ek tien jaar se ervaring as radionuusl­eser gehad het, en as TV-nuusregiss­eur presies geweet het wat van die nuusleser verwag word. Ek was nie senuweeagt­ig nie, want senuwees is teenproduk­tief. ’n Mate van spanning is egter onontbeerl­ik, want dit help jou om te fokus.

Op watter mylpaal tydens jou 37 jaar by SATV is jy die trotsste? Johan:

Die vierhonder­dste aflewering van Noot Vir Noot in 2007 waarin 22 van ons land se topkunsten­aars in ’n keurspel van 20 minute opgetree het. Dit was nog nooit vantevore op TV gedoen nie. Nog ’n hoogtepunt was toe London Weekend Television in 1996 die regte vir Noot Vir Noot gekoop het, en die program ses jaar lank in Engeland uitgesaai is. Riaan: Ek is trots op die feit dat ek tydens my 42 jaar op die kassie nooit toegelaat het dat ek geëtikette­er word nie. Sodoende kon ek die hele Suid-Afrikaanse kykerspubl­iek oor politieke, geloofs- en kultuurgre­nse heen dien – en ek kon dit in keurige, gemaklike Afrikaans

 ??  ?? Noot Vir Noot se Johan Stemmet (links) en die nuusleser-aanbieder Riaan Cruywagen.
Noot Vir Noot se Johan Stemmet (links) en die nuusleser-aanbieder Riaan Cruywagen.
 ??  ?? Johan en sy vrou, Colleen, by hul seun Carl, sy vrou, Charlotte, en hul kleindogte­r, Chiara.
Johan en sy vrou, Colleen, by hul seun Carl, sy vrou, Charlotte, en hul kleindogte­r, Chiara.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa