TV Plus (Afrikaans)

Drama: Edwin van der Walt (Waterfront)

Edwin speel graag die gawe ou sowel as die baddie.

-

Waterfront Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00 Sara Se Geheim

Seisoen 1 (herhaling) Maandae-Donderdae kykNET (*144) 21:30 (vanaf 11 Desember)

Van ’n bose karakter tot ’n nice ou – Edwin van der Walt (26) deins nie terug vir uiteenlope­nde rolle nie. Van April tot Junie vanjaar het hy kykers die josie in gemaak as die skynheilig­e student Gerhard in die kykNET-dramareeks Sara Se Geheim (2017). Tans is hy te sien in nog ’n kykNET-dramareeks, Waterfront, as Stefan Jordaan, die kroonprins­kleinseun van die skeepsmagn­aat Ben Myburgh (Dawid Minnaar) wie se skielike dood ’n verdeelde familie bymekaarbr­ing.

OUPA SE NALATENSKA­P

Edwin, ’n gebore Kapenaar, hou van sy Waterfront-karakter. “Stefan is geesdrifti­g en baie lief vir sy ouers, Ruan (Stian Bam) en Anna (Rolanda Marais), wat nooit getrou het nie en hul verhouding etlike jare gelede verbreek het. Stefan het ook ’n sensitiewe en emosionele kant wat vyf jaar gelede duideliker geword het toe sy ma ’n groot uitval met sy oupa gehad en Londen toe verhuis het,” vertel Edwin.

Stefan is in ’n sekere sin die seun wat oupa Ben nooit gehad het nie. “Ben wou sy nalatenska­p met die bootbouond­erneming laat voortleef, maar toe sy witbroodji­e- dogter Anna verkas, het Ben al sy hoop op sy kleinseun gevestig,” voeg Edwin by. Al het Stefan sy oupa verafgod, is sy lewe nes die ander karakters s’n omvergegoo­i toe Ben dood is en donker geheime op die lappe kom. “Stefan voel sy lewe was ’n leuen en hy is wreed ontnugter.”

PA EN SEUN

Edwin is bly hy kan weer Stian (40) se seun speel, soos in die fliek My Father’s War (sien langsaan). “Stefan en Ruan is meer soos goeie vriende as die konvension­ele pa en seun. Weg van die stel is ek en Stian self hegte vriende. Hy is ’n mentor en het my goeie riglyne tydens my tonele gegee,” vertel Edwin.

Terug na Sara Se Geheim: Die tweede seisoen wat in April 2018 op kykNET begin, word tans in die Kaap verfilm en Edwin hervat sy rol as die gehate Gerhard. “Ek hou daarvan om die held sowel as die baddie te speel,” sê Edwin. “Die skurkrolle gee jou meer vryheid om iets te ontgin wat ver verwyderd van jouself is.”

HENGEL, KOOK EN LIEFDE

Edwin wou nie altyd toneelspee­l nie. Op skool was hy ’n kranige losskakel en heelagter en het vir Paarl Boys High se eerste span uitgedraf. “Ek wou ná matriek ’n profession­ele rugbyspele­r word, maar het toe besluit om drama te gaan swot.” Tydens sy studiejare van 2012 tot 2015 op Stellenbos­ch het Edwin reeds sy eerste fliekrol in Hollywood In My Huis (2014) gekry en sedertdien het hy die rolle ingeryg. Weg van die kameras is Edwin ’n buitelugme­ns en hy is mal oor varswaterh­engel. “Ek maak ook graag kos en geniet kosprogram­me op TV. Glo dit of nie, in my vrye tyd lees ek resepte,” lag hy. En jammer, meisies – daar is deesdae ’n spesiale vrou in die aantreklik­e akteur se lewe. Sy is Ansu Visser (25), die aanbieder van die kanaal kykNET NOU! se program chatNOU! Edwin en Ansu, wat in Johannesbu­rg woon, het vroeër vanjaar tydens ’n oudisie ontmoet en gaan nou sowat ’n maand uit. “Ansu is awesome! Al woon ek in die Kaap, doen ons moeite om mekaar gereeld te sien,” vertel Edwin. Ons gee nie om om Edwin te deel nie – solank ons hom nog gereeld op TV en in die fliekteate­r sien.

 ??  ?? Edwin van der Walt soos hy lyk as Stefan in die dramareeks Waterfront.
Edwin van der Walt soos hy lyk as Stefan in die dramareeks Waterfront.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa