TV Plus (Afrikaans)

Drama: Doctor Foster, Terug Na Egipte, Outlander

Dokter Foster se slegte verneukerm­an is terug vir meer.

-

Doctor Foster Seisoen 2 Woensdae BBC First (*119) 20:00 (begin 6 Desember)

“Dit gaan nie ’n hele nuwe speletjie wees nie,” sê die hoofster Suranne Jones wanneer seisoen 2 van Doctor Foster (2015-nou) begin. “Dis ’n voortsetti­ng van [’n vervreemde paar] Gemma en Simon se storie, maar dis in ’n ander stadium van hul lewe.” Seisoen 2 begin twee jaar later en Gemma se tienerseun Tom (Tom Taylor) kry ’n boodskap van sy pa, Simon (Bertie Carvel), dat hy en sy meisie Kate (Jodie Comer) terugtrek dorp toe. En of hy dit weet of nie, Tom gaan die vark in die middel van sy ouers se oorlog word.

SONDES VAN DIE SEUN

Tom het geheime ontmoeting­s met dr. Siân (Sian Brooke), die nuwe dokter by Gemma se praktyk, maar dis nie moeilik vir Gemma om dit in episode 2 (13 Desember) uit te vind nie. Wat wel moeilik gaan wees om vas te stel is om uit te vind wat Tom sy kopdokter vertel.

“Daar is die dokter-pasiënt-vertroulik­heid wat in die pad is,” sê Suranne. “Gemma weet sy het geen reg op die inligting nie, maar sy moet weet of dit haar gaan help met haar geveg teen Simon.” Soos dat sy uitgevind het Kate is gesien waar sy ’n ander man soen terwyl Simon uitstedig was vir werk. Dit blyk Gemma het die kat aan die stert beet – “Hy is Kate se peetpa,” spotlag Simon wanneer Gemma hom met haar “nuus” konfrontee­r.

MA SE BESKERMER

“Die span is gek oor die reeks en hulle is mal oor Gemma,” verduideli­k Suranne, “en al het haar huwelik verbrokkel, beteken dit nie sy kry nie elders liefde nie . . .” In episode 2 sien ons dis van Tom se sexy onnie James (Prasanna Puwanaraja­h) wat van haar situasie weet, “maar hy besef nie waarin hy homself begewe het nie”, sê Prasanna, met Suranne wat byvoeg: “Gemma se drinkery raak erger. Dis nie net ’n bottel wyn hier en daar nie – sy daag by ’n etepartytj­ie op met twee bottels vir haarself, en Simon het ’n foto wat teen haar gebruik kan word in hul geveg oor Tom.”

 ??  ?? Gemma en haar ontroue man, Simon, gaan nog baie vassit.
Gemma en haar ontroue man, Simon, gaan nog baie vassit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa