TV Plus (Afrikaans)

WWE en moetsien sport

Triple H en Kurt Angle rol die jare terug in die kryt.

-

WWE Raw Dinsdae SuperSport 4 (*204) 03:00 & 19:00

Hul beste jare is beslis agter die rug, maar dit beteken nie Triple H en Kurt Angle (wat albei 48 is) kan nie by die WWE-jonges kers vashou nie. Hulle is albei tans terug in aktiewe diens, maar die paar het ’n voordeel: jare se ervaring wat geld nie kan koop nie. “Om eerlik te wees, ek weet nie hoe ons nog aangaan nie,” lag H, wat die WWE se uitvoerend­e visepresid­ent van talent, regstreeks­e byeenkomst­e en kreatiwite­it is.

STRYDWONDE

Triple H (regte naam is Paul Michael Levesque) en Kurt het hul deel van beserings gehad, maar dit het nie een van hulle gekeer om laat in November by Survivor Series te verskyn nie. Kurt se ergste besering was ’n gebreekte nek maande voor die 1996- Olimpiese Spele, waar hy twee nekwerwels gekraak het en dit geheg moes word. Hy het steeds Olimpiese goud gewen, maar sy dokters het hom gewaarsku om “uiters versigtig te wees, want die verkeerde stamp of landing kan my verlam laat,” sê die stoeier. Triple H se ergste “stamp” in die kryt tot dusver was ’n ernstig geskeurde bobeenspie­r in 2001 wat hom byna 11 maande uit die kryt gehou het. “Ek het vir die ander ouens in die kryt saam met my gesê ek’s geensins oukei nie (nadat hy sy besering in die middel van die geveg opgedoen het), maar daar was geen manier dat ek nie sou klaarmaak nie. Dit was my werk!” sê H.

VRIENDE EN OORLOG

Maar terwyl hulle houe en skoppe na mekaar uitdeel en hul afrondbewe­gings inspan (The Pedigree vir Triple H en The Angle Lock vir Kurt), is die twee ouer wordende Supersterr­e eintlik op vriendelik­er voet buite die kryt. “Ons het gewonder oor ’n moontlike terugkeer by die Hall Of Fame-seremonie (Kurt is in Maart vanjaar ingelyf) en hy (Triple H) het gesê ons moet praat,” verduideli­k Kurt. “Ek het nie eens aan ’n terugkeer gedink nie (hy was van 2006 tot 2007 weg), maar die WWE was wonderlik en ek’s bly dit kon gebeur.”

MANS MET ’N MISSIE

Hulle neem dalk nie week ná week deel nie, maar Kurt en Triple H gebruik hul talent en kennis om wedstryde en die WWE se huidige sterre te verbeter. Hulle is albei lid van Shield, is in en by gevegte en is boelies in die kryt. “Maar die talentpoel in die WWE is ongeloofli­k,” verduideli­k Kurt. “Ek kan nie soveel vaardighed­e in die kryt onthou nie. Ons sal aan hul personas moet werk [lag], maar die vaardighed­e! Sjoe!”

 ??  ?? Triple H en Kurt Angle is indrukwekk­end wanneer hulle die opkomende WWE-sterre help.
Triple H en Kurt Angle is indrukwekk­end wanneer hulle die opkomende WWE-sterre help.
 ??  ?? Hulle is al vriende sedert hulle in die middel-90’s WWE-goud gewen het.
Hulle is al vriende sedert hulle in die middel-90’s WWE-goud gewen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa