TV Plus (Afrikaans)

Probleemsu­ster

Magda is terug, ontstig Koekie en kafoefel met Pottie.

-

Koekie (Rina Nienaber) sorg altyd vir lagsessies in Getroud Met Rugby, maar wanneer haar suster Magda (Elzabé Zietsman) in die omtrek is, is die situasies dubbel so snaaks. En dis presies wat vanaf Woensdag 6 Desember gebeur wanneer Magda onverwags by haar suster opdaag op soek na morele ondersteun­ing.

’N REGTE OORLAS

“Magda is eensaam ná haar onlangse egskeiding van Jakkie Papenfoes [nie op skerm gesien nie], die pandjieswi­nkelkoning van Roodepoort,” vertel Elzabé. Sy kom soek troos by haar suster, maar eintlik werk sy op Koekie, wat druk besig is met haar soetkoekie­bestelling­s, se senuwees op Donderdag 7 Desember. “Magda is in die pad,” vertel Rina. “Koekie het nie tyd vir Magda se tranedal nie, sy moet bak sodat sy die geld kan laat inrol.”

En dis presies Koekie se tekort aan simpatie wat Magda dieselfde dag na die Potties-kroeg laat vlug waar sy op die eienaar, Pottie (Christo Compion), se skouer huil. Pottie luister aandagtig na Magda se treurmare, en snaaks genoeg vind die twee aanklank by mekaar. Die volgende dag, Vrydag 8 Desember, is sommer hul eerste date! “Die simpatieke Pottie maak iets in Magda wakker,” sê Elzabé. “En sy begin verlief raak.”

Koekie is op Maandag 11 Desember glad nie gelukkig met die verwikkeli­ng nie, want Magda is nou gedurig by haar gunsteling­kuierplek. “Koekie is geïrriteer­d en voel Magda mors haar kroeg op met haar gekoer met Pottie,” verduideli­k Rina.

KEER DIE GEKOER

Koekie probeer op Woensdag 13 Desember ’n stokkie voor Magda en Pottie se romanse steek. “Koekie dink haar suster gaan soos ’n tienermeis­ie aan en sy probeer Pottie verlei. Daarom dreig Koekie om Pottie te vertel van Magda se sondes in die squat, waar sy en Koekie grootgewor­d het,” sê Rina.

Maar Magda steur haar nie aan haar suster se dreigement­e nie, en op Vrydag 15 Desember raak dinge ernstiger tussen Pottie en Magda. Hoor ons so gou trouklokki­es lui? Dalk nie, want Koekie gaan nie so maklik die aftog blaas nie. “Magda kry altyd wat sy wil hê, maar nie die keer nie,” waarsku Rina.

 ??  ?? Magda kry ’n gewillige oor en oorgenoeg aandag by die kroegeiena­ar Pottie (inlas).
Magda kry ’n gewillige oor en oorgenoeg aandag by die kroegeiena­ar Pottie (inlas).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa