TV Plus (Afrikaans)

Die beste dokter

Hoe meer ongewoon die diagnose in Grey’s Anatomy, hoe aangrypend­er is die storie.

-

Wat mediese dramas betref is Grey’s Anatomy (2005-nou) ’n moet-kykreeks – en dis goeie nuus as jy ’n Showmax-intekenaar is. Die internet-stroomdien­s het seisoene 1 tot 12, en dit beteken baie pasiënte op die operasieta­fel en verpleegpe­rsoneel se hartsake wat reggedokte­r moet word. Die reeksskepp­er, Shonda Rhimes, sê sy was eendag in haar pajamas toe sy die program uitgedink het. “Ek het myself bly afvra watter soort vrou die heldin moet wees. Sy moet iemand wees wat al groot foute gemaak het, maar ten spyte daarvan wil sy steeds lewens red en ’n verskil maak.”

So het Shonda die hoofkarakt­er van dr. Meredith Grey (Ellen Pompeo) geskep, wat reeds van die eerste episode af met persoonlik­e probleme worstel terwyl sy dit met haar loopbaan by die Seattle Grace-hospitaal probeer balanseer. Dis ’n wipwarit vir dr. Grey regdeur die seisoene, en sy en haar kollegas het hul hande vol met verrassend­e gevalle. Tussendeur die dokters se dramas, die klankbaan (onthou, daar’s selfs Snow Patrol se liedjie Chasing Cars in seisoen 2 se slot) en pasiënte asook kollegas wat tragies sterf, bly dit een van die hartseerst­e, roerendste reekse. Maar buiten die trane en bloed is daar van die vreemdste mediese gevalle denkbaar. Hier is enkeles:

GROOTSTE GEWAS

Al die chirurge span saam in seisoen 1 episode 6 wanneer ’n vrou opgeneem word met ’n gewas van 32 kg in haar maag. Maar dis nie ’n eenvoudige geval nie . . . Die interns Christina (Sandra Oh) en George ( T.R. Knight) moet die gewas in die lug hou terwyl die dokters dit in ’n 14 uur lange operasie verwyder.

BLOEDIGE NAGMERRIE

’n Chemo-pasiënt toon in seisoen 3 episode 14 ’n dodelike reaksie op haar behandelin­g. Maar sy’s nie in gevaar nie – dit blyk haar bloed is giftig vir enigiemand wat daarmee in aanraking kom. Dus kap die dokters een vir een tydens haar operasie om wanneer hulle dit ruik – groot drama!

IN SEMENT GEGIET

’n Tiener word letterlik by ongevalle ingesleep in seisoen 4 episode 16. Hy is uitgedaag om in ’n sementmeng­er te gaan lê, en toe word die sement om hom droog. Die dokters is onseker hoe om hom te help, maar maak tog ’n plan om die ou uit sy sementpak te bevry.

TWEESNYDEN­DE LIEFDE

’n Man en sy vrou val in seisoen 8 episode 1 met hul motor in ’n sinkgat in die middel van Seattle. Omdat die dokters nie by hulle kan uitkom nie, moet Owen en Callie (Kevin McKidd en Sarah Ramirez) die man stap vir stap vertel hoe hy sy vrou se been, wat onder die kar vasgepen is, moet amputeer. Een ding is so seker soos ongelukke: daar is nooit ’n vervelige oomblik by Seattle Grace nie!

 ??  ?? Dr. Meredith Grey hetXxxxxal­alle moontlike mediese noodgevall­e,
siektes en toestande gesien.
Dr. Meredith Grey hetXxxxxal­alle moontlike mediese noodgevall­e, siektes en toestande gesien.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa