TV Plus (Afrikaans)

Verlore vader

Maryke se vervreemde pa, Sakkie, wurm hom weer in haar lewe in.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Die skoonheids­kundige Maryke Beltrame (Marijke van der Westhuizen) en haar rugbyafrig­terman, Fafa (Altus Theart), het ’n opwindende Kersfees beleef met die geboorte van hul eersteling. Maar vroeg in die nuwe jaar is haar lewe omvergegoo­i toe haar vervreemde pa, Sakkie (Pierre van Pletzen), op Maandag 15 Januarie voor haar deur opgedaag het. Maryke wil hom glad nie terughê in haar lewe nie, maar Sakkie is ’n slinkse kalant en voor sy haar oë kan knip, het hy homself weer in sy dogter se lewe ingewurm.

VERGEWE EN VERGETE?

“Sakkie is ’n gerehabili­teerde alkoholis en motorverko­opsman wat sy lewe probeer regruk,” vertel Pierre. Dis hoekom hy na sy dogter uitreik. Maryke is egter nie reg om te vergewe en te vergeet nie, en probeer Sakkie op Woensdag 17 Januarie uit Johannesbu­rg wegkry. Maar die slinkse Sakkie kry dit later die dag reg om met Fafa kennis te maak en Fafa met sy sjarme en slim praatjies te beïndruk.

Fafa probeer Maryke op Donderdag 18 Januarie oorreed om haar pa ’n tweede kans te gee, maar sy wil niks weet nie, sê Marijke. “Sakkie het haar en haar oorlede ma jare gelede weens sy drankversl­awing gelos en net verdwyn.” Sakkie probeer op Maandag 22 Januarie weer, maar Maryke beskou sy pleidooie as manipulasi­e.

BELOWENDE GELEENTHEI­D

Ná ’n lang gesprek met Fafa op Woensdag 24 Januarie stem Maryke in om saam met haar pa te gaan eet. “Die ete is styf en Maryke voel ongemaklik,” sê Marijke. Maar Sakkie is in ’n goeie luim op Donderdag 25 Januarie en nader Fafa met ’n sakevoorst­el wat ’n groot opbrengs belowe, vertel Pierre. Maar hoe geloofwaar­dig dit is, weet ons nie. “Sakkie het altyd ’n klomp truuks,” sê Pierre. Hy breek dalk net weer die nuwe ma se hart. Of het Sakkie regtig verander?

 ??  ?? Sakkie spring gou om Fafa te beïndruk, maar Maryke (inlas) is glad nie bly oor sy oproepe nie.
Sakkie spring gou om Fafa te beïndruk, maar Maryke (inlas) is glad nie bly oor sy oproepe nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa