TV Plus (Afrikaans)

Waar kom ek vandaan?

Mariaan Welman se lewe val uitmekaar wanneer sy uitvind sy is aangeneem.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Die Welman-gesin is gewoond aan krisisse – Mariaan (Deirdre Wolhuter) en haar dogter Amorey (Kristen Raath) is steeds vervreem nadat in September 2017 onthul is Amorey is nie Mariaan se man Chris (David Rees) se kind nie, maar die produk van Mariaan se affair met Frank (Albert Maritz). Nou gaan Mariaan voel hoe ontnugter Amorey was toe Amorey moes hoor haar lewe was ’n leuen wanneer Mariaan uitvind sy is aangeneem. “En niks in die lewe kan jou op so ’n skok voorberei nie,” vertel Deirdre.

GROOT VERWARRING

Mariaan is vas oortuig daarvan daar’s iewers ’n yslike misverstan­d vandat sy op Vrydag 12 Januarie uit die bloute deur ’n vrou genaamd Frieda (Magda Beukes) en ’n kameraspan in die openbaar gekonfront­eer is. Frieda het hoog en laag gesweer sy is Mariaan se biologiese ma en sy is met die TV-span hier om haar hereniging met haar dogter te verfilm. “Mariaan is uit die veld geslaan,” sê Deirdre. “Sy het geen benul waarvan Frieda praat nie, en Mariaan dink die vrou probeer haar ’n rat voor die oë draai omdat Chris ’n gesiene sakeman met baie geld is.”

Mariaan word weer op Maandag 15 Januarie gekontak deur die vervaardig­ers van die TV-program Ek Verlang Na Jou, waaraan Frieda deelneem, om te hoor of sy nie haar kant van die storie wil vertel nie, maar Mariaan wil niks weet nie. Die volgende aand, op Dinsdag 16 Januarie, sit Chris en Mariaan toevallig voor die TV toe die program met Frieda uitgesaai word en Frieda

vertel hoe erg dit is dat haar dogter haar verwerp. Mariaan is woedend, sê Deirdre. “Sy besluit sy gaan Frieda en die program ontbloot vir die leuenaars wat hulle is.”

Mariaan nader haar suster Zelda (Amor Vittone) op Woensdag 17 Januarie en vra haar om DNS-toetse te laat doen om te bewys hulle is bloedfamil­ie, omdat die Frieda-vroumens nooit na Zelda verwys het nie. “Mariaan is oortuig daarvan dis haar enigste kans om te bewys Frieda kan nie haar ma wees nie,” vertel Deirdre. Zelda is aanvanklik huiwerig, maar stem later in om haar suster te help.

DIE WAARHEID KOM UIT

Zelda se gedrag is op Donderdag 18 Januarie vreemd wanneer sy onverwags sê sy moet Hillside verlaat om saam met haar nuwe kêrel op ’n bootvakans­ie te vertrek. “Mariaan is teleurgest­eld wanneer haar suster skielik weggaan nog voor hulle die DNS-toetse kan laat doen. Maar sy ken Zelda, haar suster is altyd met die een of ander man deurmekaar en Mariaan sal haar nie kan oortuig om te bly nie,” vertel Deirdre.

Later die dag gaan Chris deur sy pos en kom op ’n vreemde brief af van oorle’ Ouma Betsie, Mariaan se ma. Chris raak asvaal wanneer hy die brief lees. Hy gee dit vir Mariaan wat swart op wit sien sy is aangeneem.

MARIAAN SOEK ANTWOORDE

Mariaan ly nog aan skok op Vrydag 19 Januarie en vertel haar vriendin Hilda (Annelisa Weiland) hoe emosioneel en verward sy voel. “Sy soek antwoorde en wil weet wie haar biologiese ma is,” sê Deirdre. “As dit Frieda is, skuld sy haar ’n verskoning. Al hoe Mariaan meer gaan uitvind, is as sy deur Ouma Betsie se besittings gaan en hopelik meer leidrade oor haar biologiese ma kry.” Dis net jammer haar soektog lewer niks op nie . . .

ONTMOETING MET FRIEDA

Mariaan is op Maandag 22 Januarie nog op soek na antwoorde en wonder of sy Frieda moet gaan sien. “Sy soek bevestigin­g of Frieda haar ma is, en as dit waar is, wil sy weet hoekom sy haar dan weggegooi het,” vertel Deirdre. “Dis ’n emosionele ervaring vir Mariaan wat haar tot in haar diepste wese ruk.”

Nog vrae wat by Mariaan spook, is of Zelda die hele tyd geweet het sy’s aangeneem. Is dit hoekom Zelda so vinnig spore gemaak het voor hulle die DNS-toetse kon laat doen? En sal Amorey van haar haat en seer laat gaan as sy besef haar ma is ’n aangenome kind? “Mariaan hoop van harte so,” verklap Deirdre.

 ??  ?? Mariaan het meer vrae as antwoorde wanneer ’n nuwe skok haar tref.
Mariaan het meer vrae as antwoorde wanneer ’n nuwe skok haar tref.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Zelda gee vinnig pad uit Hillside.
Zelda gee vinnig pad uit Hillside.
 ??  ?? Amorey (middel) is nog lief vir haar sibbes Alexa en Rickus, maar haat hul ma, Mariaan.
Amorey (middel) is nog lief vir haar sibbes Alexa en Rickus, maar haat hul ma, Mariaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa