TV Plus (Afrikaans)

Hoop op die horison

Dirk is terug en sy pad kruis met dié van ’n ou vriendin.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Assistent-matrone Pippa Malherbe (Nadia Valvekens) is op Maandag 15 Januarie onkant gevang wanneer haar wewenaarpa, Dirk Venter (Richard van der Westhuizen), aan haar woonstelde­ur in Kiepersol klop. Dirk, wat in Bethlehem in die Vrystaat op hul familiepla­as, Mooifontei­n, boer het in Desember twee weke lank by Nadia in Pretoria gekuier en dit het deurgeskem­er hy het groot finansiële probleme. Hy is kort voor Kersfees terug plaas toe om te kyk of hy sy plaas kan verkoop. “Die tweede keer het Dirk sak en pak en met bokse vol erfgoed opgedaag. Pippa het dadelik besef dit is nie net ’n blitsbesoe­k nie en sy is, soos Dirk, onseker oor wat die toekoms vir hom inhou,” vertel Richard.

Maar Dirk en sy toekoms is nie Pippa se enigste bekommerni­s nie – Dirk loop ’n ou vriendin raak wat ’n groot omwentelin­g in Dirk en Pippa se lewe teweegbrin­g.

AANPASSING­SPROBLEME

Dirk sukkel om in die stad aan te pas. Richard sê: “Dirk is gewoond daaraan om soggens sesuur op te staan, vars lug in te asem en op die plaas te werk. Nou moet hy ’n klein woonstel met sy dogter en kleinseun, Dian (Noah Geldenhuys), deel.”

Op Donderdag 18 Januarie hoor Dirk die voorgenome kooptransa­ksie van sy plaas het deur die mat geval. “Hy voel nog meer moedeloos en wanneer Pippa die volgende dag vir hom sê sy wil niks van die erfgoed hê nie, breek dit sy hart,” vertel Richard. Gelukkig vra Pippa Dirk die volgende dag om verskoning en hulle kom ooreen om die erfgoed te verkoop. En dis juis die erfgoed wat ’n nuwe hoofstuk in Dirk se lewe inlui.

BLYE HERONTMOET­ING

Dirk spreek af om die tweedehand­s-winkeleien­aar Ami van Tonder (Saranti Rheeders) op Maandag 22 Januarie in die restaurant Amoret te ontmoet. “Hy herken die vrou nie dadelik nie, maar eers toe sy sê haar regte naam is Annemarie, lui dit ’n klokkie en hy besef hulle ken mekaar,” vertel Richard. “Dirk en Ami kliek dadelik en Dirk kan nie wag om vir Pippa te vertel van sy ontmoeting met Ami nie.”

Dirk stel Pippa die volgende dag aan Ami voor, maar Pippa het nie ooghare vir die vreemde vrou nie. “Ami is ’n regte stoomrolle­r. As sy wil hê iets moet gebeur, moet dit onmiddelli­k gebeur. Ami is ook baie reguit en sê haar sê, maar sy is glad nie beledigend of kwaadwilli­g nie,” vertel Richard.

AGTERDOGTI­G

Die een ná die ander voorval versterk Pippa se wantroue in die nuwe vrou. “Op Vrydag 26 Januarie daag Ami douvoordag by Pippa se woonstel op, en die volgende dag nooi sy haarself saam op ’n afspraak van Dirk en Pippa. Pippa waarsku Dirk teen Ami, want sy dink Ami is besig om haar in haar pa se lewe in te wurm,” voeg Richard by. Op Maandag 29 Januarie besluit Dirk om van die oudhede op die p plaas te verkoop en Ami stem dadelik saam. “Pippa verm moed Ami is geldgierig en nie net agter haar pa aan nie, maar ook sy geld,” s sê Richard. Die volgende aand, op Dinsdag 30 Januarie, gaan speel Ami saam met Dirk brug en Dirk se mede-kaartspele­rs voel ’n vonk tussen Ami en Dirk a aan. “Dirk hou baie van Ami e en geniet haar geselskap,” sê Richard, en Dirk besluit hy gaan nie toelaat dat sy dogter t tussen hulle kom nie. Intussen wag Dirk angstig dat sy plaas verkoop word en wie weet, dalk gaan Dirk binnekort met of sonder ’n nuwe vrou in Pretoria nesskop. Of dalk ontmasker Pippa haar nog as die fortuinsoe­ker wat sy dink Ami A is.

 ??  ?? Pippa het nie ooghare vir haar pa, Dirk, se vriendin Ami nie.
Pippa het nie ooghare vir haar pa, Dirk, se vriendin Ami nie.
 ??  ?? Pippa.
Pippa.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa