TV Plus (Afrikaans)

Dis tyd om weer te jol

Quinton wil Tertius uit sy dop laat kruip.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Wanneer dr. Quinton Roux (Ramey Short) op Dinsdag 16 Januarie Okkie Ferreira (Ben Kruger) se tuinkraan omry en Okkie hom uitvreet, besef Quinton sy dae as loseerder by die Ferreiras is getel. Quinton trek dieselfde dag by sy boesemvrie­nd en kollega dr. Tertius Jonker (Reynardt Hugo) in. “Tertius en Quinton het so twee jaar gelede en weer in Junie verlede jaar ’n rukkie saam gebly toe Quinton na Pretoria teruggekee­r het,” sê Reynardt.

Quinton het planne vir sy pel. Ramey sê: “Quinton meen Tertius het lank genoeg sy wonde gelek sedert Karli (Pascal Pienaar) hul verlowing in Oktober verbreek het en dis tyd dat Tertius meisies begin uitneem.” Maar of Tertius reg is hiervoor – of vir ’n skielike woonstelma­at – is ’n ander vraag.

GOEIE OU DAE

Quinton oorreed Tertius om weer die speelveld te betree, al is Tertius eers huiwerig. “Tertius besef Quinton is reg, dis tyd om aan te beweeg,” sê Reynardt.

Op Woensdag 24 Januarie nooi Quinton vir Tertius, Lika (Lea Vivier), die nuwe privaat verpleegst­er wat Jana (Brümilda van Rensburg) die afgelope paar weke verpleeg het, en ’n paar vriende om dieselfde aand vlugbal te gaan speel en daarna in Nagskof te kuier. “Die vlugbal en die afspraak verloop goed. Tertius hou baie van Lika – om die waarheid te sê hy is mal oor haar,” verklap Reynardt.

GEWRAAKTE SOENTJIE

Tot almal se verbasing steel Tertius ’n soentjie in Nagskof by Lika. Maar soos die noodlot dit wil hê stap Karli juis dan by die kuierplek in. “Karli is ontstig wanneer sy sien hoe Tertius Lika soen. En Karli se heftige reaksie verwar Tertius,” vertel Reynardt.

Quinton besef die volgende dag, Donderdag 25 Januarie, sy Cupido-speletjie het uitgerafel en om op te maak nooi hy Karli om die aand saam met hulle te gaan vlugbal speel. “Maar Karli is jaloers en behandel Lika stief,” sê Reynardt.

Of Quinton nou verbrou het of nie, dit lyk of Karli en Tertius voorraadop­name sal moet doen oor hul ware gevoelens vir mekaar. Dalk is die snipperige Karli en die sjarmante Tertius tog vir mekaar bedoel.

 ??  ?? Quinton (links) besluit Tertius moet meer kuier.
Quinton (links) besluit Tertius moet meer kuier.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa