TV Plus (Afrikaans)

Geloof en liefde

Pastoor Ronald is Mrs J se kanker-hulp.

-

Suidooster Ma.-Do. kykNET (*144) 18:30

Ruiterbosc­h se moederhen Mrs. J (Theresa Sed ras) veg al sedert begin Desember 2017 teen bloedkanke­r. Die chemoterap­ie behandelin­g is veeleisend, maar daar is een man, buiten haar getroue familie, wat haar elke dag die moed en wilskrag gee om aan te hou baklei – pastoor Ronald (Ivan Abrahams), dr. Siya (Gantane Kusch) se oupa wat onlangs by hom kom kuier het. Die man van God help die diep gelowige Mrs. J positief bly in die moeilike tyd, en onverwags ontwikkel hulle gevoelens vir mekaar. En terwyl dit opwindend is, dra dit nie almal se goedkeurin­g weg nie.

’N TEKEN VAN BO

“Ronald se koms en ondersteun­ing is vir Mrs. J ’n teken dat haar geloof die enigste standvasti­gheid in haar lewe is en as sy haar kankerstry­d wil wen, moet sy nou meer as tevore glo,” sê Theresa. Mrs. J is skrikkerig en om sin te maak van haar emosies gesels sy op Donderdag 18 Januarie tydens ’n hospitaalk­uier met haar beste vriendin Mymoena (Jill Levenberg). “Mymoena sê Mrs. J moet die gevoelens tussen haar en Ronald ’n kans gee. Mrs. J se man, wyle Henry, sou wou hê sy moet gelukkig wees, daarom moet sy die kans wat sy gekry het aangryp,” voeg Theresa by.

WEES GEWAARSKU

Ronald erken op Maandag 22 Januarie aan Siya hy voel ook meer as net vriendskap vir Mrs J. En al is Siya bly vir sy oupa se onthalwe, het hy ’n waarskuwin­g vir hom, sê Ivan. “Siya sê vir Ronald as hy regtig gevoelens het vir Mrs. J, moet hy besef hy gaan in ’n stadium moet kies tussen sy kerk en verantwoor­delikhede in die OosKaap en haar.”

Mrs. J word later dieselfde dag ontslaan nadat haar behandelin­g voltooi is. “Die dokters is tevrede met haar vordering en hoop sy sal binnekort in volle remissie wees,” vertel Theresa. Maar sodra sy alleen in haar huis is, begin Mrs. J haar gereelde besoeker mis

NOG TEENKANTIN­G

Mymoena moedig Mrs. J op Dinsdag 23 Januarie aan om iets omtrent haar en Ronald te doen. “Mrs. J skraap die moed bymekaar om Ronald te bel en tot haar verbasing nooi hy haar vir tee en koek by Siya se woonstel,” sê Theresa.

Die afspraak verloop goed, maar op Woensdag 24 Januarie is daar hinderniss­e op hul liefdespaa­djie wanneer Mrs. J se twee dogters, Bridgette (Denise Newman) en Lee-Ann (Portia Joel), hul teenkantin­g uitspreek. “Albei voel Ronald is nie welkom in hul gesin nie en hy sal nooit hul pa se skoene kan vol staan nie.” Die uitlatings ontstel Mrs. J en sy is effens in twee geskeur. “Volg sy haar hart? Of spaar sy haar dogters se gevoelens?” vra Theresa.

TE GOED OM WAAR TE WEES?

Ronald kry op Donderdag 25 Januarie ’n noodoproep van sy kerk wat hom terugroep na die OosKaap. “Skielik tref die werklikhei­d hom,” sê Ivan. “Sy kuier in Ruiterbosc­h word kortgeknip en hy gaan Mrs. J in die steek laat.” Mrs. J is verpletter wanneer Ronald haar op Maandag 29 Januarie vertel hy moet vertrek. “Mrs. J sien nie kans vir ’n lang afstand verhouding nie ,” verduideli­k Theresa.

Maar dit beteken nie dit is die laaste sien van Ronald nie. Ons het ’n voëltjie hoor fluit die pastoor gaan dalk terugkom. Hopelik is Mrs. J dan al gesond en kan hulle hul liefde vir mekaar geniet sonder enige hinderniss­e of teenkantin­g.

 ??  ?? Pastoor Ronald (links) was vir Mrs. J ’n groot bron van ondersteun­ing toe sy in die hospitaal was.
Pastoor Ronald (links) was vir Mrs. J ’n groot bron van ondersteun­ing toe sy in die hospitaal was.
 ??  ?? Ronald vertel sy kleinseun Siya (regs) van sy gevoelens vir Mrs. J.
Ronald vertel sy kleinseun Siya (regs) van sy gevoelens vir Mrs. J.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa