TV Plus (Afrikaans)

Voorbladpo­ppies

Die groen monster kom na vore wanneer die beste vriendinne Danni en Zoe teen mekaar meeding.

-

Suidooster Maandae-Donderdae kykNET (*144) 18:30

Suidooster-Eiendomme se sekretares­se Danni ( Vashti Prins) en die fiksheid s instruktri­se Z oe( L au ren Joseph) is beste vriendinne en het mekaar al deur diep waters ondersteun. Veral wanneer dit by hul liefdeslew­e kom. Maar wanneer Zoe Danni inskryf vir die tydskrif Fikse Vrou se voorblad kompetisie, waaraan Z oe reeds deelneem, word hul vriendskap getoets. Zoe skryf Danni op Donderdag 18 Januarie vir die kompetisie in omdat “Zoe dink dit sal lekker wees om saam met ’n vriendin deel te neem”, sê Lauren. Maar nie een van die twee hou rekening met hoe mededingen­d hulle gaan word om met die Fikse Vrou-titel te spog nie.

SONDER MY TOESTEMMIN­G

Danni hou nie daarvan om aan die kompetisie deel te neem nie, sê Vashti. “Die soort kompetisie is perfek vir Zoe wat in gesondheid en fiksheid belangstel, maar Danni is nie mal oor oefening nie en wil nie al die aandag op haar vestig nie,” verduidell­ik Vashti. Wanneer Danni se kêrel Tim (Marco Spaumer) op Dinsdag 23 Januarie hoor sy is nou ingeskryf, moedig hy Danni aan om deel te neem. “Tim sê vir Danni hy verstaan sy wil nie met Zoe meeding nie, maar dit sal haar dalk goed doen,” sê Vashti.

SLEGTE VERLOORDER

Danni plaas teësinnig ’n video aanlyn waarin sy motiveer hoekom sy moet wen en tot haar verbasing kyk meer mense na haar video as na Zoe s’n. Dis wanneer die groen monster in Zoe ontwaak. Zoe se gemoed sak in haar skoene op Woensdag 24 Januarie wanneer Danni se posisie verder versterk. “Zoe is ’n slegte verloorder,” sê Lauren. “Al gee sy voor sy’s bly vir Danni, is sy eintlik jaloers.”

Wade (Dean John Smith), Zoe se kêrel, sien op Donderdag 25 Januarie hoe ongelukkig Zoe is. Hy vra sy broer, die motorwerkt­uigkundige Ty (Maurice Paige), om hom te help om meer mense te kry wat na Zoe se video sal kyk en haar die voorloper maak.

WIE GAAN WEN?

Op Dinsdag 30 Januarie word Danni en Zoe se vriendskap beproef wanneer die wenner aangekondi­g word. Wie wen kan ons nie nou verklap nie, maar mag die beste vrou op die voorblad pronk, en ons hoop die wrywing tussen die vriendinne word gou uitgeskake­l.

 ??  ?? Zoe (regs) skryf Danni in vir ’n fiksheidsk­ompetisie.
Zoe (regs) skryf Danni in vir ’n fiksheidsk­ompetisie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa