TV Plus (Afrikaans)

Soene vir Sonny

Die bofbalster Paul mik vir die tuisblyman Sonny.

-

Days Of Our Lives Weekdae e.tv (*194) 18:00

Will (Guy Wilson) moes van beter geweet het as om sy aantreklik­e man, Sonny (Freddie Smith), alleen tuis te los terwyl hy in Hollywood uithang. Sonny se ma, Adrienne (Judi Evans), grom op Maandag 22 Januarie dat sy nie wil hê haar seun moet so alleen wees nie, en op Donderdag 25 Januarie skud oupa Victor (John Aniston) sy kop wanneer hy besef Will beantwoord nie Sonny se oproepe of boodskappe nie. Maar dit lyk nie of Sonny lank alleen sy wonde gaan lek nie. Die nuwe man in Salem, Paul Narita (Christophe­r Sean), flankeer met al wat rok dra in die hospitaal en wanneer Sonny op Dinsdag 30 Januarie die sexy bofbalspel­er se oog vang, sluit Paul die deur en soen Sonny passievol.

GEDEELDE GESKIEDENI­S

Maar wat is Paul se doel? Verwag stomende terugblikk­e, want dit blyk Paul ken Sonny al sedert hulle jonk was – en nie net op ’n vriendskap­like vlak nie. Al is Paul steeds in die kas, glo hy Sonny is die liefde van sy lewe, en Paul weet glad nie Sonny het homself intussen aan ’n ander man verbind nie. Christophe­r verduideli­k sy karakter gee sedert sy kinderdae voor hy is heteroseks­ueel. “Sportsterr­e wat gay is klim dalk nou uit die kas, maar Paul is bang vir wat kan gebeur as hy sê dis wie hy is. Ons gaan uitvind of hy daardie vrees kan oorkom of nie.”

BESLUIT WIE JY WIL HÊ

Wil l beter wikkel en die Hollywoodd­raaiboek afhandel, want Paul soek Sonny met ’n seer hart terug. “Ek onthou ek het vir Freddie en Guy gesê ek is jammer. Maar soos ek vir almal sê, elke goeie program het konflik nodig. Die skrywers en regisseurs het werklik puik werk gedoen om ons in ’n Twilight- geveg te hou,” sê Christophe­r met verwysing na die 2008-fliek waar ’n weerwolf en ’n vampier om ’n meisie se hart meeding. “Daar het jy ‘span Edward en span Jacob’, nes dit nou hier Will of Paul is. In die volgende paar maande is daar baie kinkels en verwikkeli­nge. Dit gaan verstommen­d wees,” sê Christophe­r. Kom dadelik terug, Will, en beskerm jou belange!

 ??  ?? Sonny (links) en Paul maak geen geheim hoe hulle oor mekaar voel nie.
Sonny (links) en Paul maak geen geheim hoe hulle oor mekaar voel nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa