TV Plus (Afrikaans)

Vertroue is ’n strik

Die gespanne polisieman Lerumo se plan om Yvonne aan te keer kan hom met meer laat sit as wat hy verwag het . . .

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Skelmstrek­e van bewoners van The Newtonian-hotel trek weer op Dinsdag 16 Januarie die polisie se aandag weens ’n skokvoorva­l by Siseko Langa (Hlomla Dandala) se verjaardag­partytjie. En die beste persoon om ondersoek in te stel is die man met die binne-inligting – beampte Lerumo (Tshepo Mosese). Maar op Maandag 22 Januarie vestig ’n verrassend­e sleutelspe­ler nie net Lerumo se aandag op ’n groter vis wat hy kan vang nie – die twyfelagti­ge mobbaas Pacino, net aan kykers bekend as ’n dreigstem oor die foon – hy noem ook die naam van die persoon wat die groot vis in Lerumo se pan kan laat beland: Yvonne Langa (Kgomotso Christophe­r). En die keer moet Yvonne nie verwag Lerumo gaan haar liggies ondervra nie, want Lerumo het “’n polisieman geword wat niks het om te verloor nie”, sê Tshepo.

SPEEL DIE SPELER

Lerumo is steeds ontsteld sedert hy op Dinsdag 26 Desember uitgevind het sy vrou, Anzani (Fulu Mugovhani), wil van hom skei. “Hy’s ’n wetsgehoor­same ou, maar nadat sy hom in Junie 2017 verlaat het om in Swede te gaan werk, het die idee van irrasionel­e besluite vir Lerumo aantreklik geword – selfs al beteken dit hy moet eers iets slegs doen om die regte ding te kan doen,” verduideli­k Tshepo. “Lerumo wil ’n saak teen Pacino kry en hy sal gebruik wat nodig is om bewyse teen Pacino in te samel. Dit lyk of Yvonne die enigste manier is om die skurk vas te trek. Lerumo kry ’n manier om haar te manipuleer. Hy weet as Yvonne op hom moet staatmaak, sal sy in ’n posisie wees om hom baie meer van haar betrokkenh­eid by Pacino te vertel.”

TRAP SELF IN DIE STRIK

Maar om nader aan Yvonne te kom laat in Januarie, kan Lerumo in sy eie strik laat beland. “Wanneer twee mense te veel tyd saam deurbring, verander iets,” waarsku Tshepo. “In sy spelplan om Yvonne te manipuleer, kan Lerumo die ander kant van haar sien, nie die een wat ons ken nie: die vrou wat ’n selfbehept­e leuenaar is. Yvonne is ’n pragtige vrou, uiters aantreklik, en enige man sou tekortskie­t wanneer hy van beter behoort te weet,” verklap Tshepo.

 ??  ?? Lerumo het ’n nuwe blaadjie omgeslaan om Yvonne te hanteer.
Lerumo het ’n nuwe blaadjie omgeslaan om Yvonne te hanteer.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa