TV Plus (Afrikaans)

Waar is my baba?

Imani se wêreld word op sy kop gekeer wanneer haar jong seun, Lethu, wegraak.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Elke ma se grootste nagmerrie is wanneer haar kind spoorloos verdwyn. En dit is ’n vrees wat bewaarheid word vir Imani (Zonke Mchunu) wanneer haar tweejarige seun, Lethu (Ntevheleni Lalumbe), op Donderdag 25 Januarie wegraak. “Imani was trots op die idee dat sy die beste ma in die wêreld is vir klein Lethu,” verduideli­k die 25-jarige Zonke. “Sy sou enigiets doen om te keer dat hy seergemaak word, maar nou besef sy sy kon nie haar belofte aan haar seun nakom nie, want hy is weg. Sy weet nie waar om te begin soek nie, of wie hom selfs sou wegneem nie!”

IN ’N OOGWINK

Donderdag 25 Januarie begin soos enige ander dag, met Imani wat haar seun vir sy aktiwiteit­e gereed kry. En een daarvan is om winkel toe te gaan, hoewel Imani dit sou oorslaan as sy geweet het wat op hulle wag. “Hulle doen inkopies en Imani draai net vir ’n oomblik om om na iets te kyk,” verduideli­k Zonke. “Wanneer sy terugdraai, is Lethu weg! Imani raak rasend!” Die aktrise voeg by haar karakter hardloop rond en skree haar haa seun se naam uit, maar om hom ho nie te kry nie, maak haar gek. “Sy “weet nie wie sy kan ontbied o om te help nie. Op daardie n nagmerrie-oomblik dat Lethu w weg is en sy ’n sekonde neem om asem as te haal, besef sy die enigste persoon pers wat sy kan bel, is haar kind se s pa, oom Ranthumeng (Brian Themba),” Them sê Zonke. Al is sy bang hoe Ranthumeng gaan reageer, gegewe hul ingewikkel­de geskiedeni­s (lees die kassie op bl. 23), bel sy hom en verduideli­k wat gebeur het. Tot haar verbasing is Ranthu ondersteun­end. “Hy los alles waarmee hy besig is en jaag om haar na hul seun te help soek,” sê Zonke.

RED ONS SEUN

Die polisie word op Vrydag 26 Januarie ontbied en hulle ondervra Imani totdat sy in trane uitbars. “Sy hou vol met haar storie dat dit so vinnig gebeur het en dat sy geen gevaar om hulle by die inkopiesen­trum vermoed het nie,” sê Zonke. “In die stadium is daar ook geen onmiddelli­ke lys van verdagtes nie, want niemand het iets gehoor of gesien van die mense wat Lethu gevat het nie.” Op Maandag 29 Januarie doen Imani en Ranthumeng ’n beroep op die publiek vir die veilige terugkeer van hul kind en Zonke voeg by: “Hulle vorm ’n verenigde front en verskyn op regstreeks­e TV sowel as op die radio en pleit by wie ook al vir Lethu het, om hom veilig huis toe te bring.”

DEURBRAAK

Die eerste sprankie hoop kom ’n dag later, op Dinsdag 30 Januarie, wanneer Lethu se ontvoerder­s sy ouers kontak. “Die uitwerking wat so iets op ’n kind het, is verskrikli­k, en Imani en Ranthu hanteer dit nie goed nie,” sê Zonke. Die mense soek ’n losprys “en dis baie geld. Hulle weet nie waar hulle miljoene rand gaan kry nie,” sê Zonke. Sal Lethu ooit terugkeer? “Natuurlik,” sê die aktrise, “daar is baie kinkels voor Lethu terugkom – dinge wat ’n mens nooit verwag het nie!”

IMANI SE GESKIEDENI­S

Toe Imani in Mei 2017 na haar tant Thandaza en oom Ranthumeng se huis terugkeer met haar seun, is sy nie met ope arms verwelkom nie. “Almal het gedink sy was dood,” onthou Zonke. “Imani het einde 2015 swanger geraak met Ranthumeng se kind, en die duiwel was los in die huis en die familie.” Iemand het Imani probeer vermoor en ’n sleg verbrande lyk is gevind, wat Ranthumeng uitgeken het as Imani s’n. Maar die oorskot was so sleg verbrand dat Ranthu dit verkeerd geïdentifi­seer het, en Imani het vir haar lewe gevrees en Nigerië toe gevlug, waar sy in 2016 die lewe geskenk het aan Lethu. “Sy het besluit om na die Mokoenas terug te keer omdat Lethu sy pa moes ontmoet, maar nie almal was bly om haar te sien nie.” Ranthumeng was woedend – hy het die afgelope jaar oor die dood van sy seun getreur terwyl hy al die tyd lewend was, sê Zonke.

 ??  ?? Wanneer ’n uitstappie na die winkelsent­rum in trane en ’n vermiste peuter eindig, glimlag Imani glad nie.
Wanneer ’n uitstappie na die winkelsent­rum in trane en ’n vermiste peuter eindig, glimlag Imani glad nie.
 ??  ?? Die jong seun Lethu verdwyn spoorloos.
Die jong seun Lethu verdwyn spoorloos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa