TV Plus (Afrikaans)

WIE KON DIT DOEN?

-

“Die lys van verdagtes kan lank wees,” onthul Zonke. Ons het self speurder gespeel en moontlike verdagtes geïdentifi­seer. Imani se tante Than1

daza (Sindi Dlathu) het nooit die affair tussen haar man Ranthumeng en haar niggie aanvaar nie, ook nie dat nog ’n kind vir Ranthu gebore is nie. Daar is gerugte dat Thandaza op Woensdag 24 Januarie van oorsee terugkeer – die dag voordat Lethu ontvoer is. Miskien is sy terug om te sien hoe haar wraakplan verloop. Thandaza se seun, 2

Vusi (Raphael Griffiths), was teen Imani se swangerska­p gekant toe dit in 2015 bekend geword het. “Jy het skande oor ons familie gebring,” het hy aan Imani geskree voor haar verdwyning. En hy was nog meer uitgesprok­e toe sy met Lethu terugkeer. Hy kon maklik optree om wraak te neem op sy nefie, wat nou ’n mededinger geword het vir enige erflating wat na Vusi se kant toe kan kom . . . 3 Mfungelwa (Brian Mazibuko) is in 2016 tronk toe gestuur vir die “moord” op Imani. Vusi het hom glo R10 000 betaal om van haar ontslae te raak. Noudat sy terug is, is hy uit die tronk en ’n ontvoering kan hom vir sy moeilikhei­d vergoed. Livhuwani (Anzani Tshivhase) is Thandaza se gewese huiswer4 ker wat nooit haar wens om ’n kind te hê geheim gehou het nie. En omdat dit nie gou gaan gebeur nie, is dit makliker om ’n kind te ontvoer en huishuis te speel. En so moeilik as wat geglo kan word, kan Lethu se pa, Ranthumeng (Brian 5 Themba), ook betrokke wees by die ontvoering. Hy is sedert die dag dat Imani teruggekee­r het, desperaat om alleentoes­ig oor sy seun te kry, maar sy veg daarteen. Om die kind te ontvoer om te bewys Imani is nie ’n goeie ma nie, kan Ranthu baie help om alleentoes­ig oor Lethu te kry.

 ??  ?? Het Ranthu dalk sy eie seun ontvoer?
Het Ranthu dalk sy eie seun ontvoer?
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa