TV Plus (Afrikaans)

Gangster-vrou

Daar is geen brieke wanneer Nina haar prys bepaal het nie: wraak teen The Deep se “deftige prinses” Nikiwe.

-

Isidingo Weekdae SABC3 (*193) 19:00

“Nina Zamdela gee nie om wie seerkry nie!” sê Khabonina Qubeka van haar karakter. “Wanneer sy iets wil hê, is niemand veilig nie.” Dis slegte nuus vir Gabriel (Aubrey Poo), want Nina mik na sy swak punt op Woensdag 24 Januarie: sy kinders [wat nooit op skerm is nie]. “Nina voel vere vir hulle. Sy het Gabriel se borgtog vroeg in Januarie betaal vir sy aanranding­saak teen sy eksverloof­de Nikiwe (Linda Sokhulu), en Nina gaan Gabriel se kinders teen hom gebruik om hom te dwing om teen Nikiwe te draai,” sê Khabonina. “Nina wil hê Nikiwe moet boet omdat sy Nina in 2017 verneder het toe sy Nina sleg behandel het omdat sy die sjebien bestuur, en Nikiwe het Nina by Sibeko Gold uitgeskop, want sy beheer die ZamaZamabe­nde.” Nina is ook ’n ma [van Obakeng, gespeel deur Anga Makubalo], maar sy dink nie eens twee keer aan Gabriel se kinders nie – hulle is net instrument­e, waarsku Khabonina.

Gabriel besef die bedreiging wat Nina inhou op Woensdag 17 Januarie wanneer Nina haar wraakplann­e teen Nikiwe en Gabriel se rol daarin uiteensit, maar hy weet nie sy kinders kan seerkry nie – tot Nina Gabriel se kinders op Woensdag 24 Januarie dreig. Teen die tyd het hy vir Nikiwe ’n waarskuwin­gsnota [op Maandag 22 Januarie] gestuur.

“Nina besit Gabriel – hy moet aanvaar wat syne is, is hare. As hy weier om Nina te help, sal sy wys hoe gemeen sy kan wees,” sê Khabonina. “Nina maak een ding duidelik: sy is in beheer. As jy nie daarvan hou nie, maak dat jy wegkom – en ons praat nie van die sjebien nie!” Sal Nina voortgaan met haar plan om sy kinders kwaad aan te doen, of sal Gabriel toegee aan haar eise?

 ??  ?? Nina geniet dit wanneer ’n plan begin werk.
Nina geniet dit wanneer ’n plan begin werk.
 ??  ?? Gabriel doen sy bes om Nikiwe te waarsku.
Gabriel doen sy bes om Nikiwe te waarsku.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa