TV Plus (Afrikaans)

Agter tralies

Sabelo en Suffocate word gearrestee­r omdat hulle ’n ontvoerder vermoor het.

-

Rhythm City Weekdae e.tv (*194) 19:00

Dit reën nie, dit sous – dis wat die gekwelde weeskind Sabelo (Ishmauel Songo) op Donderdag 18 Januarie uitvind wanneer hy saam met sy oudtronkvo­ëlpel Suffocate (Mduduzi Mabaso) gearrestee­r word omdat hulle die kinderontv­oerder Skhumbuzo (Mncedisi Thambe) vermoor het. “Om hom te vermoor was nie deel van Sabelo se planne nie,” sê Ishmauel. Sabelo wou Skhumbuzo net karnuffel omdat hy sy broer Dumisani (Siyabonga Mtshali) laat in Desember 2017 gyselaar gehou het. Sabelo het Skhumbuzo ’n hou gegee, hy het sy kop gestamp en is dood. “Sabelo is vreesbevan­ge! Hy was al in die tronk vir mindere oortreding­s soos huisbraak, en hy het dit gehaat. Maar 25 jaar!” sê Ishmauel. Sabelo sal enigiets doen om in die tronk te oorleef, selfs al moet hy teen sy beste vriend Suffo draai.

VERBREEKTE VRIENDSKAP

Suffocate was nie daar toe Sabelo Skhumbuzo vermoor het nie, nogtans is hy in hegtenis geneem as medepligti­ge aan moord en omdat hy dit geheim gehou het. Die twee word op Dinsdag 23 Januarie na die gevaarliks­te tronk in Joburg geneem, waar “Sabelo dit nie kan verduur nie,” sê Ishmauel. “Hy sukkel om sy situasie met die gevaarlike gevangenes te aanvaar.” Om sake te vererger, besoek Sabelo se niggie Mapula (Mapula Mafole) hom op Donderdag 25 Januarie en sê sy sukkel sonder sy geldelike hulp. “Sabelo probeer voor Mapula maak of hy dapper is, maar binne-in is hy verpletter. Hy verpes dit dat hy nie sy familie kan help nie,” voeg die akteur by.

Suffo sien hoe die tronklewe sy pel raak en maak ’n belofte om hom te help, kom wat wil, en dink nie daaraan dat Sabelo hom in die rug kan steek nie. Die ouens word op Vrydag 26 Januarie deur verskillen­de bendes genader, en al sluit Sabelo by die 68-bende aan, “weier Suffo om by ’n bendeoorlo­g betrokke te raak. Hy bly op sy eie. Sabelo dink die bende kan hom beskerm en help om geld by sy familie buite die tronk te kry,” sê Ishmauel. “Suffo het ’n geskiedeni­s met die 68-bende en hy weet hulle gebruik Sabelo om hom seer te maak,” onthul Ishmauel. Maar die jongeling weet dit nie en wil net sy eie bas red – tot hy weer Suffo se hulp nodig het.

 ??  ?? Sabelo is gereed om teen sy beste vriend te draai.
Sabelo is gereed om teen sy beste vriend te draai.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa