TV Plus (Afrikaans)

Pa-probleme

Katlego doen iets sonder Candice se medewete wanneer haar pa, Riaan, hul besigheids­drome probeer vernietig.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Om te besluit om die Capsy-restaurant te koop voordat dit in Desember 2017 toegemaak het, was maklik vir die kulinêre student Candice (Liza van Deventer). Sy het haar kêrel Katlego (Patrick Seleka) oorreed om haar vennoot te wees en haar gunsteling-eetplek saam met haar te koop, maar om haar sakemanpa, Riaan (Philip Moolman), op Donderdag 18 Januarie aan boord te kry is moeilik. Liza verduideli­k haar pa word nie so maklik oorgehaal nie en sal nie net die kontant gee nie. “Riaan is lief vir sy dogter, maar om geld in onervare studente te belê, is riskant,” sê Liza. “Riaan stel dit duidelik hy gaan Candice en Kat nie met hul groot droom help nie.” Die ontmoedigd­e paar probeer aan ander maniere dink waarop hulle geld kan kry, onbewus daarvan dat Riaan self Capsy’s gaan koop.

VERLORE STRYD

Die geslepe sakeman gee nie om om oor sy dogter te loop as dit vir hom geld in die bank kan beteken nie. Hy gaan op Vrydag 19 Januarie na die restaurant se verkoper- eienaars toe. “Riaan besef dit word teen ’n laag genoeg prys verkoop om ’n stewige wins te maak en dit sal hom help om naam te maak in Turfloop,” verduideli­k Liza. Candice en Kat hoop hulle kry goeie nuus wanneer hulle op Vrydag 26 Januarie gebel word, maar Liza sê: “Hulle is meer as teleurgest­eld. Riaan het sy sin gekry – hy het die eienaars gemanipule­er om aan hom, pleks van Candice en Kat, te verkoop.” Die aktrise voeg by: “Candice is kwaad en sy wil niks van Riaan hoor nie. Hy bly haar pa, maar sy is woedend vir hom.”

NIE TERWYL EK DAAR IS NIE

Maar Kat is minder vergewends­gesind en op Maandag 29 Januarie gaan hy agter Candice se rug om ’n manier te vind om Capsy’s by Riaan te steel. “Kat vertrou nie sy meisie se pa nie. Hy wil sy toekoms verseker deur na homself om te sien,” verduideli­k Liza. Al het Kat nie besigheid s ervaring nie, is hy intelligen­t en het geld gespaar van resepte wat hy aan Sonti (Pearl Manamela) verkoop het vir haar neutbesigh­eid. “Kat kom altyd uit ’n moeilike situasie en hy gaan ’n manier kry om dit wat sy en Candice s’n kon wees, terug te kry,” onthul Liza. Maar Kat het nog nooit ’n vyand so vernuftig as Riaan gehad nie.

 ??  ?? Candice en Kat weet nie wat om te sê wanneer hul sakeplan Riaan (regs) laat lag nie.
Candice en Kat weet nie wat om te sê wanneer hul sakeplan Riaan (regs) laat lag nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa