TV Plus (Afrikaans)

Tussen goed en sleg

Gadaffi en Mazwi is op die oorlogspad oor Sphe.

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Dinge raak nie meer gekomplise­erd as die Moroka-erfgenaam Mazwi (Musa Ngema) en sy vrou, Sphe (Pearl Monama), se oop huwelik nie. Ná talle woordewiss­elings het hulle in Desember 2017 ooreengeko­m om met ander mense uit te gaan. Maar daar is een reël: wees diskreet in wie se geselskap jy is. Pleks daarvan het Sphe met haar gangster-vriend Gadaffi (Vuyo Dabula) gespog, wat Mazwi op Vrydag 19 Januarie woedend maak. “Mazwi het Sphe nie lief nie, maar hy dring daarop aan sy hou haar affair geheim,” verduideli­k Musa. Maar Sphe skrik nie vir Mazwi se geskree nie. Sy het stil aan Mazwi se sy gestaan terwyl hy sy affair met Nolwazi (Thando Thabethe) in 2016 gehad het, daarom wil sy nou haar beurt hê en Mazwi gaan nie haar pret keer nie.

BLY HIER WEG!

Soos ’n tipiese Moroka kan Mazwi nie toelaat dat sy ego gekrenk word nie en hy gaan waarsku Gadaffi op Maandag 22 Januarie teen Sphe. “Gadaffi laat hom teenoor Mazwi geld, maar Mazwi hou op voor hulle gewelddadi­g raak,” sê Musa. “Gadaffi is nie ’n gewone ou nie, hy’s ’n behoorlike skurk en sou Mazwi doodmaak.”

Gadaffi besef daar is te veel drama met Sphe en hy probeer haar op Maandag 22 Januarie los, maar sy weier. “Sphe is al twee jaar in ’n liefdelose huwelik. Sy is bereid om vir Gadaffi te veg, al beteken dit om Mazwi te dreig om weg te bly,” sê Musa.

MOEILIKHEI­D IN DIE PARADYS

Die huwelik verander in ’n oorlogsone op Dinsdag 23 Januarie wanneer Sphe Mazwi aanvat omdat hy sy neus in haar sake steek. “Mazwi gebruik sy dogter, Rorisang (Lethokuhle Jiyane), om die aandag van die argument af te lei. Hy sê vir Sphe sy behoort by Rori te wees pleks van saam met Gadaffi uithang,” verduideli­k Musa. Mazwi hou sy huidige minnares, Naledi (Angela Sithole), ’n geheim en Sphe behoort dit ook te doen. “Elke beweging wat Sphe en Mazwi maak is om mekaar seer te maak. Hulle speel kopspeletj­ies,” voeg Musa by.

Mazwi en Sphe bly voorlopig bymekaar, want dis ’n goeie sakeverhou­ding en hulle wil nie hul families met ’n egskeiding teleurstel nie. “Daar is steeds die potensiaal om dinge uit te werk, en hulle kan baie geld verloor. Daarom sal Mazwi Sphe se Gadaffi-pret duld, maar net as sy bereid is om dit stil te hou,” onthul Musa.

 ??  ?? Sphe wil Gadaffi (middel) behou, al sê Mazwi wat.
Sphe wil Gadaffi (middel) behou, al sê Mazwi wat.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa