TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Thorne hark Rick nader om hom te help om Ridge uit Forrester Creations te skop, en Ridge verlekker hom daarin wanneer hy Bill van sy verlowing aan Brooke vertel, onbewus van Thorne se veldtog om hom in die slaapkamer en die raadsaal te ondermyn. Steffy vind uit sy is swanger, maar al is Liam verheug, het Steffy twyfelagti­ge nuus vir Bill. Steffy bou lugkastele oor haar toekoms, Bill por haar aan om uit te vind wie die baba se pa is, en ’n niksvermoe­dende Liam bedank Bill vir sy moeite om hul pa-seun-verhouding te verbeter. Donna keer terug na LA om haar susters te besoek, en die Avants is ook bymekaar.

DAYS

John verras Marlena met ’n betekenisv­olle geskenk, en Ciara en Claire veroorsaak chaos tydens ’n vreedsame familieges­elligheid. Chad toon geen genade nie wanneer hy Kate konfrontee­r oor haar rol in Theo se skietery en die toesmeerde­ry daarna, dank haar af en skop haar uit die DiMera-huis. Eve reik uit na Justin vir ondersteun­ing wanneer die ander Kiriakis-haaie ’n hap uit haar byt, en dan luister Eve af hoe Victor en Brady stry. Ciara bly stil oor Sami en Rafe se fling wanneer hy op trou staan met Hope, Abe kry slegte nuus oor Theo se toestand, en JJ wil sy lewe neem.

Y&R

Jill is terug in Genoa City en voer iets in die mou, en JT gee Victor waardevoll­e inligting oor sy Newman Enterprise­s-oudit. Victor en Nikki gaan ’n ooreenkoms aan nadat Victor uitgevind het sy het geld gesteel, en Ashley en Jack belê ’n raadsverga­dering terwyl hulle om die posisie van uitvoerend­e hoof wedywer. Jack bring Phyllis in as nuwe raadslid en neem aan sy gaan vir hom stem. Nikki neem Nick in haar vertroue en wonder watter soort streke Paul en Christine in die mou voer, en Christine wil hê geregtighe­id moet geskied.

 ??  ?? O gaats, Steffy verwag dalk Bill se baba!
O gaats, Steffy verwag dalk Bill se baba!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa