TV Plus (Afrikaans)

Trourok-ghoeroe

Diaan Daniels maak weer bruide se drome waar en onthou indrukwekk­ende skeppings uit vorige seisoene.

-

My Droom-Trourok Seisoen 7 Woensdae VIA (*147) 17:30 (begin 17 Januarie)

Die Suid-Afrikaanse ontwerper Diaan Daniels (39) weet hoe om ’n bruid in ’n trourok te laat straal. Sy TVprogram My Droom-Trourok (2015nou), waarin hy bruide die kans gee om die rok van hul drome te kies wat deur hom of ander ontwerpers gemaak is, het al ses seisoene agter die rug. Met seisoen 7 wat vandeesmaa­nd op VIA begin, gee die trourok-ghoeroe ons ’n voorsmakie wat wag en kies drie bruide wat uitgestaan het in vorige seisoene.

’N BRUID MET KURWES

“Anzell Human het in seisoen 3 episode 13 na my gekom op soek na die perfekte rok vir haar troue,” vertel Diaan. “Die episode was vir my spesiaal want dit was die eerste bruid met ’n bietjie meer kurwes, dus het Anzell die ys gebreek vir vollerfigu­urbruide deur in te skryf vir haar droomuitru­sting. Haar rok in ’n goud/naaswit kleur met ’n empire-snit wat haar middel mooi beklemtoon het, was my eie skepping.”

’N FAMILIE-AFFÊRE

“My suster Danica Daniels Botha het in seisoen 4 episode 13 haar trourok gekies wat ek ontwerp en gemaak het,” sê Diaan. “Haar tema was pastelkleu­re, en haar boheemse rok se bostuk in sagte pastelpien­k en pers het ek spesiaal by my werkwinkel in Indië laat handborduu­r.”

AFRIKA-TRADISIONE­EL

“In seisoen 6 episode 5 is ons eerste tradisione­le Afrikabrui­d, Lerato Mokoena, deur die ontwerper Sanet van Schalkwyk aangetrek. Die bruid se ma was eers skepties en het gedink dit lyk soos ’n Star Wars-trourok, maar toe sy dit aan haar dogter sien, was sy dadelik gek oor die rok,” vertel Diaan.

WAT WAG IN SEISOEN 7?

Diaan help nog ’n Afrika-bruid, Lebohang Ntea, met haar rok in episode 9 (14 Maart), en die nuweling-ontwerper Gerhard Meiring maak sy debuut in episode 3 (31 Januarie). Seisoen 8 begin in Junie en dan gaan Michelle Spies, ’n blinde bruid, haar droomrok kies.

 ??  ?? Die ontwerper Diaan Daniels is terug op die kassie.
Die ontwerper Diaan Daniels is terug op die kassie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa