TV Plus (Afrikaans)

Avontuurlu­stiges

Kykers word bederf met van hul gunsteling-episodes van die reisprogra­m Vrydag 4 Uur.

-

Die Beste Van Vrydag 4 Uur Seisoen 1 Vrydae VIA (*147) 17:30 (begin 19 Januarie)

Die 30-jarige filmmakers Alti Fouche en Dirk Smit het in 2015 begin werk aan die leefstylre­eks Vrydag 4 Uur (2015-nou), wat handel oor die konsep dat jy op ’n Vrydagmidd­ag vieruur in jou kar spring en die pad vat op ’n onbeplande naweek-wegbreek. Die reeks het vinnig een van VIA se gewildste programme geword en sewe seisoene is reeds vervaardig. Nou gaan ons met ’n spesiale program – Die Beste Van Vrydag 4 Uur – terugkyk op hoogtepunt- episodes van die reeks. Alti en Dirk vertel ons meer van persoonlik­e onthou- oomblikke uit hul reisavontu­re wat hulle kruis en dwars oor Suid-Afrika en selfs buite die landsgrens­e geneem het.

DIE WONDERE VAN KNYSNA

“In seisoen 2 episode 3 was ons op ’n sewedae-toer in die pragtige Knysna aan die Tuinroete in die WesKaap,” vertel Alti. “Ons het die KnysnaKopp­e, die strandmeer en die wondere van die Knysna-woude verken.”

SNORKEL IN MOSAMBIEK

In seisoen 3 episode 9 het Alti en Dirk in die suide van Mosambiek by Ponta do Ouro gaan kuier. “Die hoogtepunt was toe ons saam met die dolfyne gesnorkel het,” sê Dirk.

DIAMANTE EN ’N SPOOKDORP

“Vir ons bly seisoen 4 episode 6 spesiaal, want ons het die spookdorp Kolmanskop in Namibië besoek, wat baie misterieus was,” vertel die avontuurlu­stige paartjie. “En 10 km verder het ons by Lüderitz gestop en die ou diamantmyn­e asook die Bogenfels-rotsboog verken.”

 ??  ?? Alti Fouche en Dirk Smit is die skeppers en vervaardig­ers van Vrydag 4 Uur.
Alti Fouche en Dirk Smit is die skeppers en vervaardig­ers van Vrydag 4 Uur.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa