TV Plus (Afrikaans)

Vlugtige voetjies

Talentvoll­e jong baldansers spook dit uit in ’n nuwe reeks.

-

Trippe, Trappe, Tone Seisoen 1 Woensdae VIA (*147) 17:00

Die jongspan wys dis nie net grootmense wat weet hoe om danspassie­s uit te haal nie in die nuwe VIA-program Trippe, Trappe, Tone. In dié realiteits­reeks ding 12 jong paartjies tussen die ouderdomme van 6 en 16 mee om die gesogte titel van beste jong danspaar in die land in te palm. En kyk gerus, want die kinders is net so op hul tone as volwasse dansers, wat gereeld hul slag wys in realiteits- dansreekse soos Strictly Come Dancing (BBC, 2004-nou) en die Amerikaans­e Dancing With The Stars (2005-nou, vanaf Sondag 4 Februarie op M-Net).

OUDISIES LANDWYD

Honderde kinders, wat beginners sowel as gesoute dansers insluit, het verlede jaar oudisies afgelê om aan Trippe, Trappe, Tone deel te neem. “Die oudisies is by hoër- en laerskole landwyd gehou, en uiteindeli­k is 12 paartjies vir die program gekies,” verduideli­k Bianca le Grange (36), die aanbieder van die reeks.

Die formaat van Trippe, Trappe, Tone is eenvoudig, voeg sy by. “Elke paartjie kan een dansstyl van hul keuse, soos die tango, per episode kies. Dan gee die twee beoordelaa­rs, Diani Gernandt en Brandon Eilers le Riche, die deelnemers ook ’n ander dansstyl by. “Een danspaar word weekliks huis toe gestuur en uiteindeli­k bly net een paartjie, die wenpaar, oor.”

TRANE AGTER DIE SKERMS

Bianca, wat in 2002 ’n finalis in M-Net se realiteits­reeks Idols SA was, sê sy is elke tree saam met die deelnemers. “Ek was 20 toe ek aan Idols deelgeneem het en ek het baie empatie met die jong dansers, omdat ek self daardie onsekerhei­d en spanning beleef het,” vertel sy. “En as hulle eers uitgestem word, vee ek sommer self trane af.” Bianca kon nie laat blyk wie haar eie gunsteling­e is nie. “As aanbieder moet jy heeltyd neutraal bly en jy kan nie inmeng met die beoordelaa­rs se keuses nie,” voeg sy by.

HULP MET KOSTUUMS

’n Hele paar van die deelnemers kom uit agtergeble­we gemeenskap­pe en kon dus nie elegante danskostuu­ms bekostig nie. “Ons het almal hier geraap en daar geskraap om die regte dansklere vir hulle te kry sodat hulle nie by die ander afsteek nie en om die balans te behou,” sê Bianca. “Dis hartverske­urend aan die een kant, maar aan die ander kant kry die kinders ’n wonderlike kans om hul talent te slyp en ten toon te stel.”

Anders as met ander kompetisie­s waar jong kinders deelneem en die ouers afgunstig of baasspeler­ig kan raak, soos Dance Moms (Lifetime, 2011-2017), verseker Bianca ons daar was glad nie sulke drama agter die skerms van Trippe, Trappe, Tone nie. “Nee, indien die ouers nie die kinders ondersteun het nie, was dit die onderwyser­s wat bankvas agter hulle gestaan het.”

Bianca, wat al in talle verhoogpro­duksies gesing en gedans het en verlede jaar die bose Belladonna in die pantomime Doringrosi­e (2017) en Anita in die musiekblys­pel West Side Story (2017) was, sê daar is meer as een rede waarom kykers die reeks nie moet misloop nie. “Dis inspireren­d om te sien hoe hard al hierdie dansers, van wie sommige nog beginners is, gewerk het om nie uit te val nie. Dit is verstommen­d watter hoë standaard die jongspan stel. En dit het my hart laat swel van trots,” sê Bianca.

 ??  ?? Die sangeres en danseres Bianca le Grange is die aanbieder van Trippe, Trappe, Tone.
Die sangeres en danseres Bianca le Grange is die aanbieder van Trippe, Trappe, Tone.
 ??  ?? Die beoordelaa­rs, Diani Gernandt en Brandon Eilers le Riche.
Die beoordelaa­rs, Diani Gernandt en Brandon Eilers le Riche.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa