TV Plus (Afrikaans)

Onmisbaar!

Teken die datums aan: dis 2018 se WWE-betaal-per-kyk- lys.

-

Dis weer tyd vir die jaar se eerste spesiale betaal-per-kyk-program – die 31ste Royal Rumble. En dit het twee Rumbles waar 30 stoeiers saam in die kryt is en mekaar oor die boonste tou moet gooi om hulle uit te skakel. Die stoeier wat oorbly wen ’n titelgeveg by WrestleMan­ia 34 in April!

WWE RAW se kommissari­s Stephanie McMahon het in Desember aangekondi­g: “Die heel eerste Royal Rumblevrou­like kragmeting sal ’n betekenisv­olle oomblik in die evolusie van die WWE verteenwoo­rdig. Die maatskappy se vroulike deelnemers is rolmodelle wat vroue en meisies inspireer om vol selfvertro­ue en sterk te wees. Hulle verdien ’n eie geveg by Royal Rumble!”

Al was daar teen druktyd nog geen deelnemers bekend nie, weet ons wanneer die ander spesiale WWE-betaalper-kyk-programme uitgesaai word.

2018 SE MOETSIEN-WWE

• Eliminatio­n Chamber (25 Februarie) Die betaal-per-kyk sal vir die eerste keer ’n RAW-handelsmer­k wees. • Fastlane (11 Maart) Vir die eerste keer is dit ’n SmackDown-handelsmer­kby- eenkoms, met sterre van die handelsmer­k op die wedstrydka­art.

• WrestleMan­ia 34 (8 April) Dis moontlik dat The Undertaker ’n spesiale eenmalige terugkeer maak.

• Backlash (6 Mei) Dit sal die eerste keer sedert 2006 wees dat RAW deelnemere­ksklusiwit­eit het.

• Payback (27 Mei) Verwag dat elke SmackDown-titel uitgedaag sal word. • Money In The Bank (17 Junie) Dit word nou by die “Groot Vyf”groep gevoeg met WrestleMan­ia, Royal Rumble, Survivor Series en SummerSlam.

• Battlegrou­nd (15 Julie) Die skouspel verander vir vanjaar van RAW na SmackDown.

• SummerSlam (19 Augustus) Dis die vierde jaar dat dit in die Barclays Center in Brooklyn gehou word, en moontlik die vierde jaar dat Brock Lesnar in die hoofgeveg is. • Extreme Rules (16 September) Vir die eerste keer word die stoeistryd in die tweede helfte van die jaar gehou.

• Hell In A Cell (30 September) Soos Payback in Mei, sal al SmackDown se titels uitgedaag word. • TLC: Tables, Ladders & Chairs (21 Oktober) Vir die tweede agtereenvo­lgende jaar vind TLC in Oktober plaas, nie in Desember nie. • Survivor Series (18 November) Dis een van die oorspronkl­ike vier WWE“hoofwedstr­yd-trekpleist­ers van die jaar”. • Clash Of Champions (16 Desember) Die betaal-per-kyk-baba word drie.

 ??  ?? Sal Stephanie McMahon by die ander vroulike stoeiers aansluit in hul Royal Rumble?
Sal Stephanie McMahon by die ander vroulike stoeiers aansluit in hul Royal Rumble?
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa