TV Plus (Afrikaans)

Outlander

-

Die sci-fi-periodedra­ma Outlander (2014-nou) het Caitriona Balfe in ’n huishoudel­ike naam verander as Claire Fraser, maar sy was bly om vroeg in 2017 na Kaapstad “te ontsnap” om seisoen 3 te verfilm. “Ons is herken, maar daar was respek en ons kon makliker rondbeweeg as tuis in die VK,” verduideli­k die gebore Ier. En dit lyk of haar tyd in SA ’n groot indruk op haar gemaak het . . .

1 “Ek sou graag wou teruggaan [na SA]. Ons het hard gewerk en kon nie so baie doen as wat ons wou nie, al is daar niks soos om teen Tafelberg op te klim nie. Ek en Sam [Heughan, haar kêrel Jamie op skerm] het soveel pret gehad!” 2 Die 38-jarige het per ongeluk begin toneelspee­l. Sy was eers ’n loopplankm­odel en het in toneelspel begin belangstel nadat sy ’n rolletjie in die 2006- komiese fliek met ’n modetema, The Devil Wears Prada, gekry het. 3 Sy was ’n Victoria’s Secret-model in 2002, maar het nooit Angel-status behaal nie, en voeg by: “Dit was ’n werk, nie ’n passie nie.” 4 Moenie geïntimide­erd wees oor die spel van haar naam nie. “Dis maklik om te sê,” verduideli­k die aktrise. “Katrina Balf. Los die ander letters.” 5 Al het sy in Ierland grootgewor­d, woon sy nou in Glasgow, Skotland. “Dis lekkerder as New York en Los Angeles, asook Tokio in Japan. Dis stil en reënerig,” lag sy. Waaroor sy nie spot nie is haar ver6 houdings. Sy gaan glo sedert 2014 met haar medester Sam uit, maar niks is nog amptelik gesê nie. Die paar sal in die openbaar saam7 stem oor een ding: “Stellenbos­ch se wyn is wonderlik!” sê Caitriona.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa