TV Plus (Afrikaans)

Once Upon ATime

-

Dis gepas dat die eerste teaterkara­kter wat Robert Carlyle kan onthou Repelsteel­tjie is, die rol wat hy in die fantasiere­eks Once Upon A Time (2011nou) speel: Rumplestil­tskin. “Ek was ses toe ’n reisende teater ’n weergawe van die Grimm-broers se sprokie Rumpelstil­tskin opvoer. Daar was iets aan die karakter wat deur die jare by my gebly het en toe ek die rol aangebied is, het ek dit summier aanvaar!” Hy skerts sy karakter gee hom die “beste 42 minute op TV”.

1 Die 56-jarige Skot was onseker oor hoe om ’n stem te gee aan sy karakter (wat ook bekend is as Mr. Gold in die reeks se regte wêreld) totdat hy gehoor het sy 11-jarige seun, Pearce, praat met ’n hoë stem. “Rumplestil­tskin het ’n kinderlike kwaliteit, en ek het so gepraat,” verduideli­k Robert. Hy en sy grimeerkun­stenaarvro­u, 2 Anastasia, met wie hy in 1997 getroud is, het twee ander kinders – dogter Ava (15) en seun Harvey (13). Al is Robert mal oor sci-fi – hy 3 was dr. Nicholas Rush in Stargate Universe (2009-2011) – is hy die beste bekend as Gaz, die manlike ontkleedan­ser in die komiese fliek The Full Monty (1997), en as Begbie in die twee Trainspott­ing-flieks (1996 & 2017). Hy het sy rol as die gewelddadi­ge psigopaat Begbie so ernstig opgeneem hy het ’n tand laat verwyder “sodat hy meer psigoties en intens lyk”, sê Robert. 4 Hy het byna nie akteur geword nie en was as tiener lid van ’n rock band. “Maar dit was nie vir my nie,” sê Robert, en voeg by: “Ek’s ’n groot fan van die Blues-sanger Tom Waits.” Robert het sy teatermaat­skappy Rain Dogs genoem, na Tom se 1985-lied met dieselfde titel.

 ??  ?? Sien jy die gat tussen Robert se tande? Hy het die tand laat trek.
Sien jy die gat tussen Robert se tande? Hy het die tand laat trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa