TV Plus (Afrikaans)

Expresso

-

Seisoen 7 SABC3 (*193) 06:30 Leefstyl

Wat oggendmens­e betref, is Zoë Brown die spanleier in die leefstylog­gendreeks Expresso (2010-nou). Sy is borrelend en wip oor die stel, maar die 27-jarige erken 2017 was ’n besige jaar. “Dit was deurlopend – selfs in Desember! Ek was drie dae in Berlyn, Duitsland, vir die Pitch Perfect 3-perskonfer­ensie, Kersnaweek was ek aanbieder van die middagtydg­leuf by die radiostasi­e Kfm, en by Expresso was ons ook besig!”

Het jy enige tyd afgekry in Desember? Ek was huis toe om my familie en vriende in Durban te besoek. Expresso was ’n paar dae van die lug af, daarom was daar laterige oggende in die bed. Jy het van Kaapstad verhuis, nè? Ja, ons het teruggetre­k Durban toe toe ek 12 was, en ná skool is ek Stellenbos­ch-universite­it toe [Zoë het haar baccalareu­s- en honneursgr­aad in internasio­nale betrekking­e onderskeid­elik in 2013 en 2014 behaal]. Jy het oggendradi­oprogramme gedoen, maar wat maak Expresso so anders as ’n oggend-TV-reeks? Ons saai regstreeks uit, dus moet ons improvisee­r wanneer iets skeefloop. Ons kan met ons kykers en ons gaste kommunikee­r – die land is divers en ons probeer vir almal in SuidAfrika voorsienin­g maak. Was daar ’n episode wat uitgestaan het? Dis onmoontlik om een te hê, maar die vakansiese­isoen was pret! Ons het mal streke uitgehaal in komkommert­yd en dis gewoonlik meer ontspannen­d. En waarna sien jy uit die jaar, profession­eel en persoonlik? Ons wil graag Mej. Heelal 2017, Demi-Leigh Nel-Peters (Mej. SA 2017), op die program hê, en ek beplan om meer te reis en avontuur te beleef.

 ??  ?? Desember was vol pret vir Zoë en haar Expresso-medeaanbie­der Graeme Richards.
Desember was vol pret vir Zoë en haar Expresso-medeaanbie­der Graeme Richards.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa