TV Plus (Afrikaans)

Ete Vir Twee

-

Die liefde is vir sommige mense ’n gekomplise­erde affêre. Maar het jy al ooit gedink een van jou vriende sal goed kan kliek met ’n ander pel van jou? As jy ja sê, is die splinternu­we realiteits­reeks op VIA, Ete Vir Twee (2018-nou), net die platform waar jy jou twee vriende op ’n toe-oë-afspraak bymekaar kan bring. Dewet van Rooyen, regisseur en medevervaa­rdiger van die reeks, vertel meer.

Wat is Ete Vir Twee? ’n TV-program met ’n humoristie­se kykie op die konsep van toe-oë-afsprake. In elk van seisoen 1 se 13 episodes is daar ’n gasheer of gasvrou wat twee van hul vriende wat mekaar nie ken nie, vir ’n drieganget­e by sy/haar huis nooi. Voor ete kry die deelnemers ’n kykie na mekaar se lewe en van hul belangstel­lings. Ná die afspraak kan hulle kies of hulle mekaar weer wil sien.

Hoe het julle deelnemers gekry? Soos met enige nuwe reeks is dit nie altyd maklik om deelnemers te kry nie. Ons het net op sosiale media en radiostasi­es in die Wes-Kaap, waar ons produksiem­aatskappy – Wyrd Films – is, geadvertee­r. In die eerste vier episodes kom die deelnemers net uit die Wes-Kaap, maar soos ons die produksie verder die nuwe jaar in neem, gaan ons ander provinsies soos Gauteng en KwaZulu-Natal besoek, tot ons later deelnemers van regoor die land kry.

Die naam vir die reeks was in ’n stadium

Tafel Vir Twee? Ek het baie van die T-alliterasi­e in Tafel Vir Twee gehou, maar toe was daar nie genoeg tyd om dit by VIA-TV te verander nie, toe hou ons dit maar Ete Vir Twee. Hoop julle die reeks sal lei tot suksesvoll­e liefdesver­hale? Beslis, en ek dink daar is klaar minstens een paartjie wat nog ver gaan vorder.

 ??  ?? ’n Gemeenskap­like pel kan met ’n ete vir jou liefde bring. Inlas: Dewet van Rooyen.
’n Gemeenskap­like pel kan met ’n ete vir jou liefde bring. Inlas: Dewet van Rooyen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa