TV Plus (Afrikaans)

Die Kasteel

-

Seisoen 1 kykNET (*144) 20:30 Komedie

Pulane Sekepe (26) se vuurdoop in haar eerste komedieree­ks, as die huishulp Cecilia Dube in Die Kasteel, was aanvanklik senutergen­d. Maar die regisseurs en haar gesoute medespeler­s het haar gou tuis laat voel voor die kameras. “Die hele span was baie ondersteun­end en ek het elke dag iets nuuts geleer,” vertel sy.

Hoe sal jy Cecilia beskryf? Sy is reguit en seker die verstandig­ste van die spulletjie in die boetiekhot­el. Sy’s ook ’n terggees en nie op haar mond geval nie. Wat was vir jou die grootste uitdaging van die komedieree­ks? My eerste TV-ondervindi­ng was verlede jaar in die realiteits­reeks Nou Of Nooit, wat met een kamera verfilm is. Met Die Kasteel was dit skrikwekke­nd om voor ’n paar kameras toneel te speel en al die terminolog­ie op stel het my verwar, maar dit het elke dag beter gegaan. Ek het eers gedink ek gaan nooit al die woorde in my kop kry nie, maar het my dialoog op ’n band opgeneem en dit oor en oor gespeel. Het jy enige toneelople­iding? Glad nie. Ná my matriek aan die Hoërskool Die Wilgers in Pretoria in 2009 het ek vir twee jaar by die organisasi­e C-kruis aangesluit. C-kruis verkondig die Evangelie deur middel van dans, toneel, musiek en kuns aan jongmense, en bied vertonings op uitnodigin­g by gemeentes landwyd aan. Ek het gesing, gedans en toneelgesp­eel. Jy was ook drie jaar by die radiostasi­e Jacaranda FM? Ek het sedert 2015 verkeersve­rslae gedoen, maar in Julie verlede jaar bedank om vryskutwer­k te doen. Vertel ons meer van jou maatskappy? Ek en Nelis Vosloo, my vennoot, het verlede jaar Salt And Pepper Creative gestig. Ons reël geleenthed­e en troues en dis vir my lekker om deel te wees van ander mense se spesiale okkasies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa