TV Plus (Afrikaans)

Inspector George Gently

Seisoen 8 BBC First (*119) 20:00 Aksie

-

Die Britse aksie-speurreeks Inspector George Gently (2008-2017) se agt seisoene loop ten einde met George (Martin Shaw) wat na die spesiale ondersoeke­enheid teruggebri­ng word om korrupsie in die binnekring­e te help uitroei. “Ek’s bly ons kan op ’n hoogtepunt eindig wat reg laat geskied aan so ’n gewilde reeks,” sê die 72-jarige Martin. Maar soos met enige goeie speurstori­e weet jy nie mooi wat als wag nie . . .

1 Toneelspee­l is in sy bloed: Martin se ouers, Frank en Josephine, was verhoogakt­eurs en hy’t as driejarige sy debuut in een van hul stukke gemaak. 2 Sy ouers het hom nie net toneeltale­nt gegee nie, maar ook sy beste vriend. “Ek was die enigste kind tot Jem gebore is toe ek sewe was. Hy was regtig ’n oulike baba,” onthou die akteur. Martin het nie George Gently ver3 laat omdat hy te oud geword het nie. “Ek voel nou beter as ooit tevore,” verduideli­k hy. “Om voortduren­d te kan werk hou my op my tone.” Martin is tans die verteller in verskeie realiteits- en leefstylpr­ogramme, insluitend Dambusters Declassifi­ed (2010-nou) en die misdaaddra­ma Strike (2017-nou). 4 Hy’s ’n veganis sedert 1995, die jaar toe hy ’n beskermhee­r geword het van die Hillside Animal Sanctuary. 5 Effe morbied sê die akteur hy wil “weggaan” soos sy pa. “Dit was vreedsaam in sy stoel, met ’n koppie tee en karamelkoe­kies langs hom. Dis hartseer hy’s oorlede ’n week voor sy agterklein­seun se geboorte. Ter ere van hom noem my seun sy kind Frank.” Martin was drie keer getroud en 6 het drie kinders (dogter Sophie en seuns Joe en Luke), maar skerts sy huidige lewensmaat, Karen, “is my laaste”.

 ??  ?? Inspekteur George Gently (links) en sy kollega, speurinspe­kteur John Bacchus (Lee Ingleby).
Inspekteur George Gently (links) en sy kollega, speurinspe­kteur John Bacchus (Lee Ingleby).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa