TV Plus (Afrikaans)

Chicago PD

Seisoen 3 e.tv (*194) 20:30 Aksie

-

Marina Squerciati het ’n ver pad gekom tot by haar rol as Kim Burgess in die polisie-aksiereeks Chicago PD (2014-nou). “Ek het as ’n muis in die 1993-fliek The Nutcracker begin, en nou speel ek in ’n treffer wat deur Dick Wolfe [uitvoerend­e vervaardig­er] gemaak word. Kan ek vir meer vra?” Nog ’n hoogtepunt was die geboorte van haar dogter in Mei 2017, maar oor die naam en haar persoonlik­e lewe bly Marina geheimsinn­ig.

1 Volgens gerugte is die pa van haar baba haar medester Patrick John Flueger (John Ruzek), maar Marina se agent het dit ontken en bloot gesê: “Marina is gelukkig getroud en tuis met hul dogter”. Hoewel Kim haar gunsteling­rol 2 is, sê Marina sy’t dit amper net so geniet om Allesandra in die dramareeks Gossip Girl (2007-2012) te speel. “Dit was soos optof elke dag. Ons het die wonderliks­te klere gehad!” onthou sy. 3 Maar Marina wens die programbas­e kry vir die Chicago-span “beter” uniforms. “Dis van poliësterm­ateriaal, dus is dit te dun en koud in die winter en te dik en warm in die somer,” sê sy. Marina is steeds op kraamverlo­f 4 van haar Chicago-rol en hoewel sy haar huislike lewe geniet, brand sy om saam met haar gesin te gaan reis. Boaan haar lys is Mianmar (voorheen Birma), want “dis nog aanaangera­ak – byna soos dit 100 jaar gelede was!” 5 Marina gim graag saam met haar manlike medesterre, en verkies hul strawwe roetines wat gewigte en oefeninge vir die hele liggaam insluit. 6 Daai sweetsessi­es help haar slank en fiks hou, want die aktrise erken “ek het ’n suikertand. En pasta! Ek sal nou daaraan kan weglê!”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa