TV Plus (Afrikaans)

HIER VOLG DIE NUUS

-

THE BIG BANG THEORY

Die komedieree­ks The Big Bang Theory (2007-nou) het die pas werklose Beth Behrs (Caroline van 2 Broke Girls, 2011-2017) opgeraap as Nell, die liefdesbel­angstellin­g vir Raj (Kunal Nayyar) in seisoen 11. Maar daar’s ’n probleempi­e vir die arme nerd: Nell is nog getroud en haar aggressiew­e man (gespeel deur Walton Goggins, Russell in Vice Principals, 2016-2017) wil haar terughê.

ALMAL WIL TV TOE

Die skuif van flieksterr­e na die kassie duur voort, met die jongste een Kate Beckinsale wat by die komende Amazon Primerille­rreeks The Widow aansluit. Die aktrise, bekend as die vampier Selene in die Underworld-flieks (2003-nou), speel die nuwe weduwee Georgia Wells, wat nou in afsonderin­g leef. Maar dan sien sy haar veronderst­elde oorle’ man springlewe­ndig op TV en vat sy spoor. Georgia se soektog neem haar na die VK, die Kongo en selfs Suid-Afrika, waar die reeks vandeesman­d geskiet word.

TRUE DETECTIVE

Die veteraan Stephen Dorff is deur True Detective (2014-nou) ingekatrol as speler in seisoen 3. Die fliekakteu­r sal die rol vertolk van Roland West, ’n ondersoeke­r wat die grootste deel van sy loopbaan van 30 jaar daaraan gewy het om ’n misdaad op te los wat met die jare ál geheimsinn­iger geword het. Soos Kate Beckinsale is Stephen van die fliekvampi­erwêreld – hy was in die 1998-fliek Blade.

THE OFFICE

Dis dalk te gou om te praat, maar volgens gerugte werk NBC aan ’n nuwe weergawe van die komedieree­ks The Office vir die 2018/ 2019-seisoen. Dit sal glo weer afspeel in die Dunder Mifflin Scranton-kantoor, met ’n mengelmoes van ou en nuwe spelers. Maar fans van die oorspronkl­ike reeks sal teleurgest­eld wees omdat Steve Carell nie terugkeer as die bestuurder Michael Scott nie – blykbaar word n nuwe baas vir die maltrappe gesoek.

THE FIXER / HOW TO GET AWAY WITH MURDER

Olivia Pope (Kerry Washington) verlaat haar gemaksone van die politiek in The Fixer (2008-2018) om ’n draai te maak in ’n ander Shondaland-reeks. Die reeksskepp­er, Shonda Rhimes, het ’n stukkie van ’n draaiboek uit How To Get Away With Murder (2014-nou) getwiet oor Olivia in gesprek met Annalise Keating ( Viola Davis), met die onderskrif: “Dit gaan gebeur!” Dis die eerste groot Shondaland­programoor­kruising wat nie in splinterre­ekse is nie.

THE X-FILES

“Ek het genoeg gehad!” – Gillian Anderson het besluit om die scifi-reeks The X-Files (1993-nou) te verlaat ná 11 seisoene as die spesiale FBI-agent Dana Scully. En dis nie ’n leemte wat met ’n nuwe karakter gevul sal word nie. Die reeksskepp­er, Chris Carter, sê hoewel daar meer stories is om te vertel, “ís The X-Files Mulder (David Duchovny) en Scully. Ek sal dit nie sonder Scully of Mulder doen nie – dis nie my X-Files nie. Hulle moet albei hier wees.”

REEKSE HERNU

• Die realiteits­program Swamp People (2010-nou) en sy krokodilja­gters leef voort – dis vir ’n 9de seisoen hernu. • Die avonturier Bear Grylls keer terug vir seisoen 5 van sy realiteits­reeks The Island With Bear Grylls (2014-nou). • Archie (KJ Apa) en sy pelle kry meer raaiselagt­ighede om op te los in die dramareeks Riverdale (2017-nou) ná dit vir seisoen 3 hernu is. • Die gunsteling-TV-nerd Sheldon Cooper is hier om te bly met ’n 2de seisoen van Young Sheldon (2017-nou). • En ABC het stilweg ook The Good Doctor (2017-nou) vir ’n 2de seisoen hernu.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa