TV Plus (Afrikaans)

Getroud Met Rugby

-

VERLEDE KEER

Kristien is deur haar ekskêrel Ronnie afgepers, Sasha het dit moeilik gevind om Anna te vermy, en Maryke het vreemde oproepe ontvang.

17 – 19 JANUARIE

Blitz se klouerighe­id raak te veel vir Silvia, Chrissie begin die eerste dag van skool met ’n huppel in haar stap, en Fafa ontmoet sy skoonpa Sakkie. Silvia en Blitz besluit dis tyd om dinge uit te praat, Bart betrek Pine by sy nuwe plan, en Pine skryf ’n skokkende artikel oor Schalk op die Sinbin-webtuiste.

22 – 26 JANUARIE

Pine se artikel verhoog die spanning tussen Iva en Schalk, Silvia vertel die pompons van haar en Blitz se verhouding, en Sakkie manipuleer Maryke. Schalk se verlede veroorsaak steeds struweling tussen hom en Iva, en Bart en Kristien se plan boemerang. Maryke sukkel om haar gevoelens oor haar pa te verwerk, en Schalk se sagteware wat hy skelmpies op Bart se rekenaar gelaai het, lewer skokkende resultate oor Bart op. Sasha se oorspronkl­ike liedjies gaan uiteindeli­k opgeneem word, en ’n noodgeval veroorsaak dat Reitz Sasha se optrede misloop. Schalk moet vinnig besluit wat hy met die inligting oor Bart gaan doen, en Fafa wik en weeg of hy in Sakkie se besigheid moet belê.

29 – 30 JANUARIE

Schalk wag vir Bart se ondergang, en Reitz en Sasha sukkel om mekaar te vergewe. Bart moet voor die raad verskyn, en Koekie maak Maryke gek met Kiki se ou babaklere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa