TV Plus (Afrikaans)

Tergende moordraais­el

’n Bootmagnaa­t wat skielik sterf laat geheime en vrae agter.

-

Nadat die bootboumag­naat Ben Myburgh (Dawid Minnaar) se lyk in episode 1 van die dramareeks Waterfront op ’n seiljag gevind word, word die verlede stukkie vir stukkie ontrafel. Vrae soos: Was dit selfdood? Het hy aan natuurlike oorsake gesterf? Of was dit moord, en indien wel, wie het Ben Myburgh vermoor? duik op. Die speurder Dirk Wyngaard (Albert Pretorius) se ondersoek krap duistere geheime oop terwyl hy die moordraais­el probeer ontrafel. Jy kan nou sonder onderbreki­ngs op Showmax na die storieboek­moordreeks kyk en saam met Dirk die raaisel probeer oplos. Maar let fyn op, want die vingers wys na ’n paar verdagtes wat elk dalk ’n motief kon hê om die manipulere­nde Ben te vermoor. En nie twee karakters se weergawes van die werklikhei­d stem ooreen nie . . . van der Walt), teen haar en Stefan se biologiese pa, Ruan (Stian Bam), afgespeel. Sy is ook die enigste dogter wat geweet het Ben is allergies vir bye.

Julia (Milan Murray) is die enigste Myburgh-dogter wat geweet het van Ben se buite- egtelike verhouding­s en sy het dit vir haar ma, Elise (Joanie Combrink), en susters weggesteek. Anna was haar pa se oogappel en Julia is haar hele lewe deur Ben misken. Sy was die een wat altyd probeer het om die familie, wat haar emosioneel verwoes het, bymekaar te hou. Ben se jongste dogter, Kate

( Trix Vivier), is deur haar pa gedwing om ’n aborsie te kry toe sy swanger raak by die ontwikkela­ar en prokureur Albert Hugo (Paul du Toit).

Ruan (Stian Bam), Anna se vorige minnaar, het gereeld met Ben vasgesit. Ben het Ruan altyd laat verstaan hy is nie goed genoeg vir Anna nie, en Ben het Stefan se van van Jordaan na Myburgh verander. Ben het Ruan weggejaag toe hy hom gevra het om met Anna te trou.

Fiona (Euodia Samson) was jare lank die Myburghs se huishoudst­er. Sy het gesien hoe Ben die een ná die ander buite-egtelike verhouding het en hoe sleg hy sy gesin behandel. Sy was die enigste een wat geweet het hy ly aan demensie. Sy was ook bewus van die polis wat hy op sy lewe uitgeneem het en watter planne hy in die mou voer. Stefan (Edwin van der Walt) het jare lank gesien hoe sy oupa Ben sy ma emosioneel sistematie­s aftakel. Hy erken later hy het van Ben se reuse lewenspoli­s geweet. Hy was ook die aand van Ben se dood op die seiljag.

Albert (Paul du Toit) se pa het homself doodgedrin­k omdat Ben en Albert se ma ’n buite- egtelike verhouding gehad het. Ben het Kate gedwing om ’n aborsie te kry, maar dit was Albert se enigste kans om ’n nasaat te hê omdat sy vrou, Elna (Erica Wessels), nie kinders kan hê nie. Albert was agter Ben se grond aan waar die bootwerf is, maar Ben het geweier om die eiendom te verkoop. Wouter (Hannes van Wyk), Julia se man, verkwalik Ben vir sy vrou se geestestoe­stand en angsaanval­le. Hy het Ben as pa en sakeman verag en was verantwoor­delik vir die vandalisme by die bootwerf.

Allie (Charlton George) was vir meer as 40 jaar Ben se enigste ver troueling en het byna alles van die Myburghs se persoonlik­e sake geweet. Het Allie dalk in opdrag van iemand opgetree om Ben te vermoor?

 ??  ?? Ben se drie dogters Kate, Anna en Julia.
Ben se drie dogters Kate, Anna en Julia.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa