TV Plus (Afrikaans)

Kwade gevoelens

Die #ChiefMustF­all-veldtog gaan ’n wig indryf tussen Tenda en sy vrou, Livhuwani.

-

Muvhango Weekdae SABC2 (*192) 21:00

Tendamudzi­ma (Nat Ramabulana) het ’n appeltjie te skil met die Thathe-leier hoofman

Azwindini (Gabriel Temudzani), en dis nie oor ’n saketransa­ksie nie. “Daar’s onopgelost­e kwessies tussen hulle,” verduideli­k Nat. “Jare gelede, toe Tendamudzi­ma geswot het, het hy ’n meisie gehad, maar Azwindini het ook ’n ogie op haar gehad. Sy’t Tenda toe vir die hoofman gelos.” Die meisie is lankal uit die prentjie, maar Tenda se teësin in Azwindini het sedertdien opgebou en die spanning om sake met die Thathe-hoofman te doen gaan spoedig oorkook. Tenda begin op Vrydag 16 Februarie met die #ChiefMustF­all-veldtog, maar dit verloop nie soos beplan nie, vertel Gabriel. “Tenda wil die hoofman vernietig en hy sweep die dorpenaars teen Azwindini op, maar dit het onvoorsien­e gevolge.”

DUBBELE TELEURSTEL­LING

Tenda se vrou Livhuwani (Anzani Tshivhase) is vriende met Azwindini en sy het geen benul haar man sit agter die veldtog om die koninklike te onttroon nie. Maar dit verander op Maandag 19 Februarie wanneer sy die nuus in die dorp hoor. “Dit voel vir Livhu of sy in die rug gesteek is deur die man wat sy liefhet. Sy het geen idee hoekom haar vriend geteiken word nie,” vertel Anzani. Die spanning bou op tussen man en vrou en teen Dinsdag 21 Februarie praat hulle skaars twee woorde met mekaar. “Tenda het gedink sy vrou sou hom ondersteun, maar dit gebeur nie. Sy is teleurgest­eld en hy is onseker hoe om sake reg te stel. Dit dra verder by tot die stres wat hulle op hulself geplaas het om met ’n gesin te begin, want daarmee is hulle ook nie suksesvol nie,” verduideli­k Nat.

SKOUER OM OP TE HUIL

Livhuwani, wat verraai voel, wend haar tot die laaste mens waarop Tenda sou hoop. “Azwindini is die enigste man wat sy nou vertrou. Sy bring eerder tyd saam met hom deur as met haar eie man,” sê Anzani. Die hoofman bied haar ’n skouer om op te huil op Donderdag 22 Februarie en die situasie raak meer persoonlik op Maandag 26 Februarie – ons kan nie meer verklap nie. “Livhu is nie seker of dit romanties is nie,” lag die aktrise. “Azwindini is ’n bekende casanova, dus is enigiets moontlik.” Hoewel Nat waarsku: “Tenda sal vir sy vrou baklei. Die hoofman gaan nie weer sy hand in die as slaan nie!”

 ??  ?? Tendamudzi­ma en Livhuwani (inlas) se huislike lewe verander – en dis nie ten goede nie.
Tendamudzi­ma en Livhuwani (inlas) se huislike lewe verander – en dis nie ten goede nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa