TV Plus (Afrikaans)

Gesondheid­sprobleme en nuwe liefdes

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00 MAART

Justin is bekommerd oor Diederik se gesondheid, Lesedi sit Jacob op sy plek, en Nozi kry nuwe blyplek. Thomas begin vreemd optree wat sy ma, Esti, bekommerd maak. Bonita begin weer haar eie blommebesi­gheid en kry ’n kontrak by Bruynwaves vir ’n groot funksie sonder Vanessa se medewete. Hilda bak brownies vir die jong mans met wie sy bevriend geraak het om met hul fondsinsam­eling te help, en Charmaine gaan op ’n welverdien­de vakansie saam met haar bikerkêrel,

Mike (James Borthwick). Esti kry ’n oproep van Thomas se skool oor sy swak gedrag, Amorey weier om Willem te vergewe, en daar’s groot fout met Diederik wanneer hy ’n uitval met sy kollegas by Bruynwaves het. Charmaine se duiwelse tweelingsu­s, Vivian ( Vinette Ebrahim), is terug in Hillside en maak amok. Matrone en Hilda tree vreemd op ná hulle van Hilda se brownies proe, en Alexa is uiteindeli­k terug uit Afrika en raak van haar preutse houding en stylvolle klerekas ontslae.

APRIL

Justin en Vince kry elk ’n nuwe liefdesbel­angstellin­g. Thomas se boelie,

Jacques (Ruan Wessels), knou hom verder af by die skool. Diederik moet van die gif in sy lyf ontslae raak, en Rickus raak ál swakker. Justin is uiteindeli­k gereed om sy eksverloof­de, Amanda (Carina Nel), te laat gaan en oor te begin met sy nuwe liefie. Vanessa is briesend wanneer sy uitvind haar werknemers het haar om die bos gelei en sy moet nou met iemand saamwerk vir wie sy nie ooghare het nie. Amorey neem haarself kwalik vir die toestand waarin Diederik is, en André en Connie is weer dolverlief. Hilda kan nie glo sy is so bedrieg nie en is bang sy kom in die moeilikhei­d by die gereg. Xander en Bonita kom nader aan mekaar, Nozi kry ’n nuwe kapsel, en Amorey kry die kans om werkervari­ng in Oppiekoffi­e se kombuis op te doen.

MEI

Olivia is bekommerd oor Rickus wat ál sieker word. Justin raak vryerig met sy nuwe meisie, en Marko en Esti se verhouding word getoets wanneer Thomas met iemand na aan Marko koppe stamp. Diederik is op die herstelpad, maar hoe lank gaan dit hou? Vanessa is vir die eerste keer gelukkig sedert haar huweliksbo­otjie gesink het, en Charmaine probeer die stukke van haar lewe optel. Amorey besluit om haar loopbaanri­gting te verander wanneer sy by Marko se restaurant, Stasie Ses, betrokke raak.

 ??  ?? Kyk hoe fraai lyk Nozi met haar blou hare. Vivian (links) maak weer groot moeilikhei­d vir Charmaine (regs).
Kyk hoe fraai lyk Nozi met haar blou hare. Vivian (links) maak weer groot moeilikhei­d vir Charmaine (regs).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa