TV Plus (Afrikaans)

Ontvoer-nagmerrie

Amorey, Olivia en Nozi se Taiwan-avontuur verander in ’n mensehande­l-gruverhaal.

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Verbeel jou jy vertrek op ’n werkgeleen­theid van ’n leeftyd. Jy gaan vir kleuters in Taiwan Engels gee en boonop ’n goeie salaris verdien. Maar wanneer jy jou oë oopmaak, besef jy jy’s in ’n skeepsvrag­houer saam met ander vroue en iemand is besig om julle te ontvoer . . . Dis presies wat met die Hillsiders Amorey (Kristen Raath), Olivia (Nadia Herbst) en Nozi (Dimpho More) op Donderdag 8 Februarie gebeur het toe hulle in die kloue van ’n mensehande­lsindikaat beland het. En die groot vraag is of iemand tot hul redding gaan kom voor hulle verkoop word . . .

MOENIE MOED VERLOOR

Dis chaos op Vrydag 9 Februarie wanneer die drie meisies besef hulle is in die skeepsvrag­houer vasgevang. Nadia sê elkeen hanteer die situasie waarin hulle hul bevind, anders. “Amorey is die planmaker en probeer kyk hoe sy hulle uit die houer kan kry. Olivia is die moederfigu­ur en troos al die ander huilende meisies wat ook saam met hulle gevang is en reeds moed verloor het. En die arme Nozi is histeries en verwag die ergste.”

Intussen bel Amorey se man, Willem (Markus Haywood), wat op Donderdag 8 Februarie op sy eie Taiwan toe gevlieg het, Amorey se ouers op Vrydag 9 Februarie. “Hy weet daar is fout omdat die meisies nooit in Taiwan aangekom het nie,” sê Markus. “Willem het ook die hotel waar hulle sou bly en die skool waar hulle sou werk, gaan soek en tot sy skok agtergekom nie een van die twee bestaan nie.” Amorey se pa, Chris (David Rees), besef iets het lelik skeefgeloo­p en bel dadelik ’n speurder om die saak te ondersoek.

EIE SPEURWERK

Die spannende storielyn duur dieselfded dag, op Vrydag 9 Februarie, voort v en terwyl daar nog geen n nuus van die polisie is nie, besluit Amorey A se ouer broer, Rickus (André ( Lotter), om s self ondersoek in te s stel. “Hy gaan sien v vir Bonita (Hildegardt Whites) wat in Januarie van die skoolhou-organisasi­e gehoor het en waardeur die meisies die werk gekry het. Bonita wou ook oorsee gaan, maar sy is nie goedgekeur nie,” vertel André.

Bonita is geskok wanneer sy hoor die meisies word vermis, en sy neem Rickus dadelik na die hoofkantoo­r van die organisasi­e wat hulle gekontrakt­eer het. Maar wanneer hulle daar opdaag, kry hulle geen antwoorde nie.

LEIDRADE IS NODIG

Intussen gaan dinge in die houer later die dag ál slegter met die meisies. Kristen sê: “Hulle kom tot die besef hulle is ontvoer en gaan waarskynli­k as seksslawe verkoop word.” Boonop vermoed Amorey die waterbotte­ls wat die skurke vir hulle in die vraghouer gelos het, is bedwelm. “Dit voel gedurig vir haar of sy nie in beheer van haar liggaam en gedagtes is nie. Amorey weet nie eens of hulle in Taiwan of Suid-Afrika aangehou word, en of hulle reeds op ’n skip gelaai is nie.”

Amorey reken dis belangrik dat hulle so nugter moontlik bly sodat hulle kan reageer wanneer ’n ontsnapkan­s opduik, en sy keer dus die meisies om verder van die water te drink. Later is daar ’n klein deurbraak in die

saak wanneer Diederik (Hennie Jacobs), Amorey se vorige verloofde wat van die ontvoering gehoor het, ’n idee kry: Hy onthou die inligtings­pakkie met dokumente in Amorey se woonstel en stel voor hulle gaan na die plek waar dit gedruk is. So kan hulle leidrade oor die persone agter die vervalste dokumente kry.

BLY HOOPVOL

Met die naweek wat verbygaan is die meisies al drie dae vermis, en dit eis op Maandag 12 Februarie sy tol van Mariaan (Deirdre Wolhuter), Amorey se vervreemde ma. Selfs die speurder raak moedeloos, want hy het nog geen deurbraak gemaak nie.

Desperaat om haar dogter terug te kry vra Mariaan vir Justin (Dann-Jaques Mouton), wat al deel was van die kriminele onderwêrel­d, om van sy kontakte te gebruik om inligting te kry. Deirdre sê Mariaan sal enigiets doen om haar dogter op te spoor. “Sy het Amorey onvoorwaar­delik lief, al is dinge nou sleg tussen hulle, en wil haar net veilig terughê.” Justin se kontakte help en kry ’n adres waar die meisies moontlik aangehou word – en die goeie nuus is dis hier in Suid-Afrika!

Terwyl Mariaan dink die polisie sal die leidraad kan opvolg, raak dinge erger vir die gevangenes. “Hulle word ál swakker weens die tekort aan kos,” sê Kristen. “Maar hulle bly hoop iemand gaan hulle kom red. Veral Amorey weier dat negatiewe gedagtes oorneem. Sy het al ’n soortgelyk­e situasie deurgemaak toe sy verlede jaar in Mei saam met haar vriende in die boendoe gestrand was ná ’n vliegongel­uk. En as sy dit kon oorleef, sal sy die nagmerrie kan hanteer, al voel dit of sy deur die houer se staalmure verwurg word.”

TYD RAAK MIN

Rickus en Diederik is op Dinsdag 13 Februarie steeds op soek na die meisies. Die speurder en ’n polisietaa­kmag maak inligting bymekaar oor die moontlike aanhouplek. Ons hoop net die meisies word gevind voor die skurke hulle verskuif. Maak gou, Rickus en Diedie, julle is die meisies se enigste hoop!

 ??  ?? Die meisies kry swaar in die skeepsvrag­houer waar hulle aangehou word.
Die meisies kry swaar in die skeepsvrag­houer waar hulle aangehou word.
 ??  ?? Kristen (links) en Nadia net nadat hulle deur die grimeer-en-harespan vir die toneel reggekry is. “Ek het alles ingesit in die tonele, wat oor twee dae verfilm is,” sê Nadia. “Ter voorbereid­ing het ek baie navorsing oor ontvoering en mensehande­l gedoen...
Kristen (links) en Nadia net nadat hulle deur die grimeer-en-harespan vir die toneel reggekry is. “Ek het alles ingesit in die tonele, wat oor twee dae verfilm is,” sê Nadia. “Ter voorbereid­ing het ek baie navorsing oor ontvoering en mensehande­l gedoen...
 ??  ?? Jacques Gombault speel die speurder. Hy was Blackie, hulpafrigt­er van die Stryders, in die drama Getroud Met Rugby (2009-2016).
Jacques Gombault speel die speurder. Hy was Blackie, hulpafrigt­er van die Stryders, in die drama Getroud Met Rugby (2009-2016).
 ??  ?? Francis Maposa, 7de Laan se lynvervaar­diger, speel een van die boewe wat die meisies ontvoer.
Francis Maposa, 7de Laan se lynvervaar­diger, speel een van die boewe wat die meisies ontvoer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Bennie Marais, kunsdirekt­eur van Danie Odendaal Produksies, het die vraghouer gebou waarin die meisies aangehou is. “Ons het in November verlede jaar die stel begin beplan. Dit het ons ’n week geneem om dit te bou.” Die mure is van staal gemaak, en...
Bennie Marais, kunsdirekt­eur van Danie Odendaal Produksies, het die vraghouer gebou waarin die meisies aangehou is. “Ons het in November verlede jaar die stel begin beplan. Dit het ons ’n week geneem om dit te bou.” Die mure is van staal gemaak, en...
 ??  ?? Twee regte polisieman­ne is ook gebruik. RosaMari le Roux, die sepie se publisitei­tsbeampte, sê dis regte gewere wat die manne in hul hande het. “Elke keer wanneer ons tonele met mense in uniform het, moet dit volgens wet werklike polisieled­e of...
Twee regte polisieman­ne is ook gebruik. RosaMari le Roux, die sepie se publisitei­tsbeampte, sê dis regte gewere wat die manne in hul hande het. “Elke keer wanneer ons tonele met mense in uniform het, moet dit volgens wet werklike polisieled­e of...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa