TV Plus (Afrikaans)

Nog magstryde, hartsake en ’n tragedie

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30 MAART

Quinton speel oop kaarte met Tertius oor hom en Karli, en Jana is terug van Londen en gereed om weer haar pos as hoof van die onkologies­entrum in te neem, maar sy loop haar gou teen Annelize vas. Annelize se verhouding met Maggie Molefe bemoeilik sake, en boonop is die rissiepit Elana Bester (Ilne Nienaber) ook terug in Pretoria. Louis probeer vrede tussen Okkie en Wimpie bewerkstel­lig, en Bronwyn ly aan die leënes-sindroom. Daar’s ’n nuwe meisie, Adele (Lindie Jordaan), in Binneland en twee mans maak ogies vir haar. Ilse se nuutste boek gaan spoedig op die rak verskyn, maar die uitgewer wil nie hê sy moet haar skuilnaam gebruik nie. ’n Tragedie tref een van die gesinne en nog ’n nuweling, Wilna

Vosloo (Elma Potgieter), is nie die gawe tannie wat almal dink sy is nie.

APRIL

Annelize se eksman, Eben (Zak Hendricks), is terug en dit kan net moeilikhei­d voorspel. Okkie se skoondogte­r, Renate (Sandra Vaughn), en sy kleindogte­r, Trudie (Daniah de Villiers), kom kuier en die keer maak Trudie nie ’n moordkuil van haar hart nie. Quinton word onkant betrap tydens ’n kaartspela­and en kry ’n plan om een van die spanlede vir eie gewin in te span. Oggendnaar­heid kan ’n paar mense se lewens omvergooi, en Arno

Duvenhage (Stiaan Smith) het duidelik ’n plan met Pippa. Ilse begin meer aandag aan haar voorkoms gee en Okkie het dalk rede tot kommer.

MEI

Jana wil haar gemoed met ’n dansklas of twee lig, en Louis is die enigste Koster wat haar idee ondersteun. Conrad neem Pippa deels kwalik vir ’n pasiënt wat in ’n koma gaan, en ’n operasie is dalk die enigste uitweg vir ’n ander pasiënt se vreemde gedrag. Bronwyn meen At is te kwaai met Annelize, en ’n soen is nie die enigste rede vir Pippa om bekommerd te raak oor iemand se doen en late nie. Die pad raak ál moeiliker vir Annelize wanneer haar naam deur die modder gesleep word, en Steve huiwer nie om vuil te speel nie, veral wanneer sy vaderlike pligte ter sprake kom.

 ??  ?? Annelize (links) is nie bly Elana is terug nie.
Annelize (links) is nie bly Elana is terug nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa